Vers n dag - 3 Mei
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 19: OORKOM VREES... Â DAT GOD VAN JOU VERGEET HET
Deur: Benescke JvR (voorheen Botha)
Â
Ek hoor onlangs die storie van die jong seuntjie wat in ’n township grootgeword het. Vir hom as laerskoolkind wat dit gevaarlik om in die oggende alleen skool toe te stap wanneer dit steeds halfdonker was. Sy enkelma kry toe die plan om die buurseun wat in matriek was te vra om saam met hom skooltoe te stap – teen betaling van R5 per week. Hoewel dit vir arm mense geweldig baie geld was, was die jong seuntjie se veiligheid vir sy ma belangriker.
Â
Op ’n dag bedink die jong seuntjie toe ’n plan. Hy sou alleen skool toe stap en sy ma kon só die geld spaar. Met die belofte dat hy met niemand langs die pad sou praat en dat hy ekstra versigtig sou wees, het sy ma eindelik teësinnig ingestem. Sy het besef dat dit meer as net oor die geld gegaan het. Haar seuntjie was skaam oor die feit dat die ouer seun hom moes “oppasâ€.
Â
Jare later toe die enkelma reeds in haar 80’s was, het hulle gesin gesit en lag terwyl hulle herinneringe oor die verlede gedeel het. Met ’n glimlag het die seun wat nou self al amper ’n bejaarde was sy “geldspaarplan†onthou. Glimlaggend het sy ma geantwoord: “Het jy nou regtig gedink dat ek jou alleen sou skooltoe stuur? Elke oggend het ek die huis saam met jou verlaat – natuurlik net ’n paar treë agter jou. En smiddae na skool het ek vir jou by die skoolhek gewag en jou terug huis toe gevolg. Ek moes seker maak dat niks met jou gebeur nie...â€
Â
Vrees jy soms dat God van jou vergeet het? Luister weer na hierdie twee beloftes:
Jesaja 54:10: “Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here wat jou liefhet.â€
Deuteronomium 31:8: “Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.â€
As die seuntjie se ma hom gevolg het om seker te maak dat hy veilig by die skool en terug by die huis gekom het, hoeveel te meer volg God ons nie ook daagliks nie. Hy omvou ons van alles kante. En Hy beskerm ons. Moet dus nie vrees nie. Hy sal julle nooit in die steek laat nie.
Â
Vader God, baie dankie vir u beskerming in my lewe. Help my asseblief om nie in vrees te leef nie, maar om telkens te onthou dat U my beskerm en dat U my nooit in die steek sal laat nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus