Vers n dag - 30 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 18: OORKOM VREES... VIR VERWERPING
Deur: Benescke JvR (voorheen Botha)
Ek hoor onlangs die storie van Joey wat haar lewe lank daarvan gedroom het om ’n skrywer te word. Tog het twee dinge haar telkens gekniehalter. Een, haar onvermoë om in haar eie vermoë te glo. En twee, haar vrees vir verwerping.
In haar vroeë 20’s het Joey opgewonde saam met ’n groep vriende ’n opera bygewoon. Half geskok oor die leë saal en terselfdertyd die uitsonderlike sangtalent van die operaster het Joey besluit om die saak te verander.
Vroeg die volgende oggend het Joey na die teater gebel en gevra of sy dalk met die operaster kan praat. Tot haar verbasing het die stem aan die anderkant van die gehoorstuk gevra: “Net ’n oomblik. Wie sal ek sê is op die lyn vir haar?†Vir ’n oomblik het Joey se bloed in haar are gestol. Wie gaan sy sê is sy? Op die ingewing van die oomblik het Joey haarself voorgedoen as ’n joernalis van een van die grootste plaaslike tydskrifte in die land waarin sy gewoon het. Dit was nie lank voordat die operaster ’n onderhoud toegestaan het nie.
Gewapen met ’n kamera en dik notaboek om deeglike notas te neem het Joey twee dae later by die operaster se huis opgedaag. En na afloop van die onderhoud het sy begin om die artikel te skryf en te herskryf en te herskryf totdat sy tevrede was om dit uit te druk en aan die spesifieke tydskrif te pos. Binne die koevert wat sy versend het, het sy ’n ekstra koevert ingesluit sou die redakteur nie van die artikel hou en dit daarom na haar terugstuur.
Â
Die artikel is gepos en die wagtyd het begin. Een dag. Twee dae. Drie dae... Twee weke later toe Joey haar pos gaan uithaal het die ekstra koevert wat sy ingesluit het vir haar gewag. Te bang vir die verwerpingswoorde wat sy heel moontlik in die artikel sou lees het Joey die geslote koevert agter in haar kas gegooi en daarvan vergeet.
Vyf jaar later, terwyl Joey inpak om na ’n ander huis te trek het sy weer op die geslote koevert afgekom. Die keer kon sy amper nie onthou waar dit vandaan kom nie. Sy het dit nuuskierig oopgeskeur en die keer geskok die nota van die redakteur gelees van die tydskrif waarvoor sy dit gestuur het: “Dit is ’n fantastiese artikel. Regtig soos ’n vars briesie. Ek het ’n paar aantekeninge gemaak waar jy net vir ons ’n paar ekstra aanhalings moet maak. Stuur dit so gou moontlik aan ons terug. Ons wil dit in twee weke publiseer...â€
Nie net was Joey sowat R5000 kwyt nie. Haar vrees vir verwerping het haar ’n kans om ’n artikel te publiseer in een van die grootste tydskrifte in die land ontneem.
Filippense 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.â€
Sukkel jy met verwerping in een of ander area in jou lewe? Gaan jy dit die oorhand gee of gaan jy dit reguit in die oë kyk met die wete dat jy enigiets kan doen deur Christus wat jou die krag gee?
Vader God, baie dankie dat niks saam met U onmoontlik is nie. Help my asseblief om nooit toe te gee aan my vrees vir verwerping nie, maar om te midde daarvan my oë op U te hou. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog. Teken gerus jou vriende hier in: www.versndag.co.za
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus