Vers n dag - 29 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 17: OORKOM VREES... OM TE MIN TE HÊ
Deur: Benescke JvR (voorheen Botha)
’n Engelse edelman en opregte gelowige, Lord Congleton, het op ’n dag toevallig gehoor hoe een van sy huisbediendes in sy groot huis vir ’n ander bediende sê: “As ek net 5000 pond kon hê sou ek waarlik tevrede en gelukkig kon wees.â€
In die sirkels waarin Congleton beweeg het, het hy baie ryk mense gesien, maar nooit enigeen wat waarlik tevrede en gelukkig was nie. Omdat hy dit graag wou sien het hy die geleentheid aangegryp.
Congleton het na die huisbediende gestap en gesê dat hy toevallig die gesprek gehoor het. Hy het sy hand in sy sak gesteek en die 5000 pond kontant aan haar oorhandig. Vir ’n oomblik was sy totaal oorstelp – in die dae waarin hulle geleef het, kon dit net sowel R100,000 gewees het.
Congleton het die vertrek verlaat en net buitekant die deur gaan staan om die gesprek wat sou volg te luister toe sy dink dat haar weldoener weg is. Die keer het die huisbediende na haar vriendin gedraai en glimlaggend gesê: “Dit is wonderlik! Hoekom het ek nie maar vir 10,000 pond gevra nie!â€
Spreuke 30:7-9: “Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.â€
Is jy tevrede met wat jy het of streef jy altyd na meer? Die Spreukedigter het verstaan dat te veel geld ons van God kan wegrokkel en dat te min veroorsaak dat ons sy Naam kan oneer aandoen. Daar is niks fout met gesonde ambisie nie. Tog, onthou om vir God dankie te sê vir wat jy wel het en daarna te streef om ’n goeie rentmeester te wees – eerder as om op ander te trap om meer en meer te bekom!
Vader God, baie dankie vir u beskerming in my lewe. Help my asseblief om nie in vrees te leef nie, maar om telkens te onthou dat U my beskerm en dat U my nooit in die steek sal laat nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog.
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus