Vers n dag - 28 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES TOT VRYHEID... IN 25 DAE.â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 16: OORKOM VREES... OM TE VERGEWE
Deur: Benescke Janse van Rensburg (voorheen Botha)
Ek hoor onlangs van ’n vrou wat 10 jaar na haar egskeiding steeds geweier het om haar man vir die buite-egtelike verhouding wat hy eens aangeknoop het te vergewe. By een van hulle seuns se gradeplegtigheid, het sy onlangs geweier dat haar voormalige man sy huidige vrou saambring na die geleentheid. Ook het sy geweier dat hy saam met haar en hulle seuns na die geleentheid gaan uiteet om die graad te vier. Net so het sy geweier dat hy ’n paar weke later sy huidige vrou na hulle ander seun se troue saambring. Ook dat hy die onthaal van die troue bywoon.
Dat die vrou tydens die egskeiding seergekry en verneder was, is ’n gegewe. Tog, ek kan nie help om te wonder watter skade haar onvergewensgesindheid oor die jare aan haar eie, maar ook haar seuns se lewens aangerig het nie?
Die vrou se keuse om nie te vergewe nie, laat my dink aan ’n kind wat met vlerkies leer swem. Aanvanklik help die vlerkies die kind om bo-op die water te dryf. Dit laat die kind veilig voel en gee aan hom/haar ’n mate van selfvertroue omdat die vlerkies help dat hulle nie onder die water in verdwyn nie. Tog, gestel die kind daag as volwasse persoon met dieselfde vlerkies by die swembad op. Buiten dat dit verspot sal lyk, sal die vlerkies (wat teen daardie tyd uitgerek en pap hang) heeltyd in die pad wees ook vir die ander mense wat in die swembad probeer swem.
Net soos die vlerkies, skep ’n onvergewensgesindheid in ’n persoon wat seergekry het se hart, ’n valse mate van veiligheid en selfvertroue. Ons glo dat dit ons bo-op die water laat dryf en ons glo dat dit die persoon wat ons eens seergemaak het weg van ons af sal hou. Tog, wat ons aanvanklik nie besef nie, is dat hierdie vlerkies met tyd uitgerek, pap en lelik langs ons begin hang en dat ons in die swembad (en in ons lewens) begin om almal rondom ons daarmee weg te stoot.
Dit is wat die vrees vir vergifnis doen. Dit laat ons glo dat ons onvergewensgesindheid ons beskerm, maar in werklikheid maak dit ons bitter. Ons raak so gewoond daaraan om sleg van ’n voormalige huweliksmaat, ’n molesteerder of ’n kollega wat ons te na gekom het te praat dat ons, ons totaal sal vererg as iemand voorstel dat jy daardie persoon moet vergewe.
Vandag wil ek jou egter herinner aan Jesus se woorde in die Onse Vader:
Matteus 6:12,14: “... en vergeef ons, ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree... As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe...â€
Is dit nie dalk vir jou tyd om vandag jou vlerkies af te blaas en dit aan God te oorhandig nie? Klim uit die swembad en gaan kniel voor Hom. Hy staan gereed om jou deur jou seer te dra en te beskerm – maar vergifnis is meestal die eerste stap. Sterkte!
Vader God, dankie dat ek kan weet dat U my beter ken as wat ek ooit selfs besef. Lei my asseblief in die proses om (die persoon se naam) te vergewe. Help my om hom/haar finaal vry te spreek. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NOTA: Benescke se nuwe van is Janse van Rensburg. Onthou die van. Jy kan in volgende week ’n interessante weggeepakkie verower as jy vir die kort kompetisie inskryf! J
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog.
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus