Vers n dag - 26 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 15: OORKOM VREES... VIR JOU BESITTINGS
DEUR: BENESCKE BOTHA
Ek lees onlangs hierdie kort, gelaaide stukkie. Mag dit vir jou ook vandag iets vir jou beteken soos jy dit oordink deur die dag:
“Soek eers die koninkryk van rykdom en jy sal jou oor elke rand en sent in die bank bekommer.
Soek eers die koninkryk van gesondheid en jy sal jouself dood bekommer oor elke uitslag of pyn wat jy in jou lyf mag ervaar.
Soek eers die koninkryk van populariteit en jy sal jouself te midde van elke konflik betrap.
Maar, soek eers die koninkryk van God en jy sal dit vind. Daarop kan jy staatmaak en hoef jy jou nie te bekommer nie.â€
Matt. 6:33: “Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word…â€
Wie of wat is die fokus in jou lewe vandag? Kan jy eerlik sê dat dit God en sy geregtigheid is?
Vader God, baie dankie dat U van elke behoefte en begeerte van my weet nog voordat ek dit selfs met U bespreek. Help my asseblief om nie in vrees daarvoor te leef nie, maar om werklik eers U koninkryk en geregtigheid te soek. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus