Vers n dag - 23 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID ... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 14: OORKOM VREES... OM LIEF TE HÊ (Deel 3)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Tydens die huidige sub-reeks het ek ’n klomp lesers gekry wat my dieselfde vraag gevra het: “Benescke, mag mens ’n lysie maak wanneer jy vir ’n lewensmaat bid?†Ek trou hierdie komende Maandag. In die lig van hierdie opwindende nuus wil ek graag my verhaal kortliks met jou deel – as Deel 3 in die sub-reeks:>
Tydens die groot inpak van my huis om na die wittebrood saam met Johannes na ’n nuwe huis te trek, het ek op ’n stapel van my ou dagboeke in my boekrak afgekom. Nuuskierig het ek begin om deur van hulle te blaai. Dit is hier waar ek op verskeie lysies van my “droom man†afgekom het wat ek oor die afgelope paar jaar opgestel het elke keer wanneer ek met God oor my keuse van ’n lewensmaat gesels het. Dit was die gedetailleerd lysie wat ek reeds in 2006 (lank voordat ek vir Johannes ontmoet het) opgestel het, wat veral my aandag getrek het.
Glimlaggend het ek ’n pen nader getrek en van bo-af begin om die eienskappe op die lys af te merk: Hy moet my beste vriend wees. Iemand met integriteit. Hy moet vir my aantreklik wees. Hy moet oor die vermoë beskik om te midde van krisistye kalm te bly en my ook kalm te hou. Hy moet ’n goeie verhouding met sy eie en ook met my familie hê. Sy sin vir humor moet ons saambind. Sy ambisie moet my inspireer. Só ook sy liefde en omgee vir ander mense rondom hom. Hy moet ewe gemaklik voel in die geselskap van konings as in die geselskap van die armste man op straat. En dan die belangrikste: hy moet werklik ’n verhouding met God hê en saam met my daarna streef om ons lewensdoel op aarde ten volle uit te leef...
Met ’n knop in my keel het ek aan die onderpunt van die lang lys gekom en besef dat God nie net vir my iemand met al hierdie eienskappe gegee het nie. In Johannes is daar soveel eienskappe waaraan ek op die stadium wat ek die lysie opgestel het nie eens gedink het nie.
Vandag kan ek nie anders as om saam met Paulus te stem met sy woorde in Efesiërs 3:20: “... aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink… aan Hom kom toe die heerlikheid… tot in ewigheid! Amen.â€
Dit is die God wat ons aanbid. ’n God van liefde. ’n God wat betrokke is in die details van elkeen van ons se lewens. ’n God wat ons stoutste verwagtinge oortref. En ’n God wat elkeen van ons se toekoms ken. Vandag weet ek dat God reeds jare voordat ek vir Johannes ontmoet het die bloudruk van die tipe lewensmaat wat ek kon verwag in my hart geplaas het. Wanneer ek dus oor die jare die lysies opgestel het, was dit nooit om vir God te probeer voorskryf nie. Dit was bloot ’n manier wat God gebruik het om aan my die prentjie van wat ek in die toekoms kon verwag duideliker te maak.
Onthou, God het elkeen van ons se lewensdae uitbeplan. Hy is lief vir jou. Hy ken jou hartsbegeertes. En of jy Hom vir die regte lewensmaat vertrou, of vir ’n deurbraak in jou werksituasie of vir jou eie of jou geliefde se gesondheid, Hy is in staat om jou behoeftes in elke situasie 100% te oortref. Gaan jy vandag op Hom vertrou om dit vir jou te doen?
Vader God, baie dankie dat daar by U geen beperkinge bestaan nie. Help my asseblief om voortaan vas te hou aan Paulus se woorde en my oë opnuut op U te plaas. Ek weet by U is enigiets moontlik. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* Kyk gerus ’n foto van my en Johannes op die sosiale netwerk, FBook (ek gebruik die afkorting omdat sommige maatskappye se netwerke eposse met die volle naam blok).
NOTA VAN DIE SKRYWER:
Baie dankie aan elke leser wat my reeds in die week geluk gewens het met ons troudag. Ek waardeer dit regtig baie.
Ek het die 10 dagstukkies tot die einde van die huidige reeks reeds agtermekaar sodat julle vreesloos kan leef totdat ek weer terugkom. ’n Alternatiewe skrywer gaan weer na die reeks oorneem tot die einde van Junie. Ek sal dan weer aan die begin van Julie met ’n vars, nuwe reeks terug wees.
Iets om na uit te sien: Van Maandag af word ek Benescke Janse van Rensburg (JvR). Maak seker jy onthou my nuwe van. Daar wag ’n heerlike kompetisie waartydens jy ’n weggee boek kan losslaan as jy my nuwe van onthou. J
Van my kant af, alles wat mooi is. En onthou, saam met God kan ons waarlik vreesloos leef!
Liefde, Benescke
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke Botha tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus