Vers n dag - 22 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID ... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 13: OORKOM VREES... OM WEER LIEF TE HÊ (Deel 2)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Baie dankie aan elke leser wat gister vir my geskryf het. Ek het behoorlik baie eposse gekry! As deel van die huidige sub-reeks deel ek graag vandag met jou ’n getuienis van ’n Vers-’n-Dag leser wat haar vrees om weer lief te hê oorkom het...>
Na ’n ongelukkig huwelik van 20 jaar en 8 eensame jare na haar egskeiding, het Annalize Koen nooit opgehou om God vir die regte lewensmaat te vertrou nie.
Annalize vertel: “Al het ek ook heelwat mans in die 8 jaar as enkellopende ontmoet, kon ek nooit ernstig oor ’n verhouding raak nie. As dit in daardie rigting geneig het, het ek dit vinnig beëindig. Aanvanklik het ek myself wys gemaak dat ek meer katvoet geraak het. In my hart het ek egter geweet dat ek te bang was om weer seer te kry.
“Min het ek egter in hierdie stadium besef dat God reeds die regte man vir my in gedagte gehad het. In die tyd wat dit gevoel het asof Hy my nie beantwoord nie, was Hy eintlik besig om my voor te berei en ook om my terselfdertyd teen verkeerde keuses te beskerm.
“In Februarie verlede jaar het ek die wonderlikste en dierbaarste man by ’n Christelike klub vir eensames bo 40 jaar ontmoet. Snaaks genoeg het ek hom reeds op die eerste ontmoeting innig liefgekry. Dit was asof God my toegelaat het om JP se liefde vir Hom te sien. Die keer was JP egter die een wat effens katvoet rondom die situasie beweeg het. ‘Nou wat nou?’ het ek myself telkens afgevra.
“Nadat ek oor die saak gebid het en dit 100% aan God oorgegee het, het JP my eindelik raakgesien en besluit om my beter te leer ken. Ons het in Mei verlede jaar begin uitgaan. In Oktober het ons verloof geraak en in ons is op 17 Desember verlede jaar getroud.
“My boodskap aan ander is dit: Met God as die Koning in ons huis, en met my en JP wat daagliks vir mekaar en ook vir ons huwelik bid, is ons huwelik nog net ’n fees! Al die eer kom aan God toe!â€
Sit jy vandag in ’n soortgelyke situasie as wat Annalize eens gesit het? Kan ek jou uitdaag en aanmoedig om jou hartsbegeertes met God te bespreek? Rus in Hom – selfs al voel dit of dit ekstra lank neem. Wie weet, dalk is Hy besig om jou van die verkeerde besluite te beskerm omdat die regte besluit dalk net om die draai is! Sterkte – en vertrou op sy keuse vir jou!
Vader God, baie dankie dat U my beter ken as wat ek myself ken en dat U presies weet wat die beste vir my is. Help my asseblief om voortaan my hartsbegeertes met U te bespreek voordat ek begin stres oor iets buite my beheer. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk troufoto’s van Annelize en JP Koen op die “STORIES VAN HOOP†bladsy van die sosiale netwerk, FBook (ek gebruik die afkorting omdat eposse met die volle woord deur sommige maatskappye geblok word).
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke Botha tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog. Teken gerus jou vriende hier in: www.versndag.co.za
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus