Vers n dag - 21 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID ... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 12: OORKOM VREES... OM WEER LIEF TE HÊ (Deel 1)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Ek het onlangs ’n epos van ’n leser gekry wat lui: “Benescke, na my egskeiding wonder ek of ek ooit weer huweliksgeluk sal smaak. My vrees is dat ek alleen gaan moet oud word...†Is dit dalk ook jou vrees? Ek wil graag in die volgende twee dae meer oor hierdie tema gesels:>
Langs tannie Marie se oop graf het oom Sarel gehuil asof sy hart wou breek. Dit was duidelik dat haar dood ’n geweldige slag vir hom was. Die meeste van die buurmense rondom die graf wat beide geken het, het nou verbaas onderlangs na mekaar geloer. Niemand het ooit besef dat hierdie “groot sagte reusâ€, soos hulle oom Sarel ken, eintlik al die jare ’n diep liefde en omgee vir sy buurvrou in die aftreeoord gehad het nie.
Nadat meeste van die roubeklaers die begraafplaas verlaat het, het die predikant na oom Sarel gestap waar hy steeds hartverskeurend langs die graf gestaan en snik het. “Oom Sarel,†het die predikant nou met ’n sagte stem begin terwyl hy oom Sarel aan die arm gevat het. “Ek is seker tannie Marie is nou op ’n beter plek en dat sy jou liefde geweldig waardeer het terwyl sy nog geleef het.†Hierop het oom Sarel egter net harder begin snik.
Toe oom Sarel eindelik effens bedaar, het hy stadig sy kop na die predikant langs hom gedraai met die woorde: “Dominee, ek was vir jare lank lief vir hierdie vrou. En daar was een dag... een dag dat ek haar amper van my liefde vir haar vertel het! Maar ek het nie... en nou is dit te laat!â€
Na oom Sarel se egskeiding ’n klomp jare vantevore het hy, uit vrees dat hy weer sou seerkry, homself voorgeneem dat hy nooit weer sy hart vir liefde sou oopstel. Langs tannie Marie se oop graf het hy egter skielik tot die besef gekom dat daardie vrees hom van ’n tweede kans op liefde beroof het.
Sit jy vandag in ’n soortgelyke situasie as oom Sarel? Dalk kom jy onlangs uit ’n egskeiding of mislukte verhouding gekom? Of dalk het jou vrees om weer seer te kry jou reeds vir etlike jare alleen gelaat. Luister weer na Paulus se woorde:
1 Johannes 4:17-18: “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees… Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.â€
Net God kan die seer van jou hart genees. Net Hy kan aan jou ’n tweede kans op liefde gee. Moet jouself dus nie isoleer of ander mense uit jou lewe uitsluit nie. Niks kan slegter wees as om soos oom Sarel langs ’n oop graf te staan en te besef dat jy nooit weer ’n geleentheid sal hê om dit te doen nie!
Vader God, baie dankie dat daar by U altyd tweede kanse op geluk is. Help my asseblief om voortaan nie meer agter my seerkry weg te kruip nie, maar doelbewus ’n punt te maak om na ander mense in liefde uit te reik. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke Botha tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Â
- VORIGE STUKKE OF OM IN TE TEKEN: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 41,000+ lesers per dag pylvak verbygesteek het. Ons doelwit van die jaar is om dit na 50,000 te verhoog. Teken gerus jou vriende hier in: www.versndag.co.za
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â