Vers n dag - 20 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 11: OORKOM VREES OM ’n DOELLOSE LEWE TE LEI!
Deur: Benescke Botha
Gestel jy slaan môreoggend die koerant oop en lees tot jou skok ’n berig wat lesers meedeel dat jy gisteraand gesterf het. Buiten vir die skok, sal jy trots wees oor wat jy in die huldeblyk sou lees?
Bogenoemde mag dalk absurd klink, maar dit is presies wat aan die begin van die 20ste eeu met Alfred gebeur het toe hy een oggend die koerant oopslaan. Geskok het hy na die opskrif gekyk: “Die Plofstofkoning sterf.†Regdeur die artikel het die joernalis verder telkens na hom as die “handelaar van die dood†verwys. Nie net het Alfred dinamiet uitgevind nie, sy uitvindsel het bygedra tot die vervaardiging en verspreiding van verskeie ander gevaarlike wapens. Alfred was geskok by die besef dat die joernalis tog ’n punt beetgehad het. Tog, wou hy vir ewig as “die handelaar van die dood†bekend wees? Natuurlik nie.
Terwyl Alfred nog een maal na die berig gekyk het, het hy besef dat hy pas ’n tweede kans gekry het om sy toekomstige grafskrif (en huldeblyk in die koerant) te verander. Na baie gebede het Alfred in die daaropvolgende weke opnuut bewus geword van die helende krag van Jesus Christus. In sy hart het ’n behoefte ontstaan om iets nuut te doen om ’n verskil in lewens te maak.
Vir die res van Alfred Nobel se lewe, het hy sy energie en geld spandeer aan opheffingswerk en die bevordering van vrede tussen verskillende strydende groepe. Vandag onthou ons Alfred Nobel nie meer as die plofstofkoning nie, maar as die stigter van die Nobelprys vir Vrede. En sy grafskrif? Die keer word gepraat van vrede en glad nie van plofstof nie!
Openbaring 21:5: “Toe sê Hy wat o die troon sit: ‘Kyk, Ek maak alles nuut.’â€
God spesialiseer in tweede kanse. Hy het immers vir Saulus, Paulus gemaak. Vir Simon, Petrus. En vir die prostituut Ragab, die vrou wat die Israelitiese spioene uit Jerigo gered het! Net soos Alfred Nobel het jy vandag ’n geleentheid om die bewoording van jou grafsteun (en huldeblyk in die koerant) te verander. Gaan jy die kans met beide hande aangryp?
Vader God, baie dankie dat daar by U altyd tweede kanse is en dat U alles nuut maak. Lei my deur u Heilige Gees om daagliks voluit te leef en nooit my doel op aarde te mis nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- VROUEOGGEND: Benescke Botha tree as gasspreker op by Heidekoppie N.G. Gemeente, Brackenfell se Vroueoggend op Saterdag, 22 Mei 2010. Vir meer inligting, kontak Juanita Joubert by 021-9143322 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus