Vers n dag - 19 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID... IN 20 DAE.â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 10: OORKOM VREES... DAT DINGE NIE WEER SAL BETER GAAN NIE
Deur: Benescke Botha
Â
<Ter agtergrond: Na verlede week se mini-reeks oor veiligheid, het ek ’n hele paar eposse van lesers gekry met die vraag: “Benescke, jy vertel hierdie stories van hoop, maar waar is God wanneer dit sleg gaan? Waar is Hy wanneer ’n kind sterf of ’n geliefde vermoor word?†Hier is twee stories van Vers-’n-Dag lesers wat jou dalk kan help as jy met hierdie vrae worstel:>
Â
STORIE 1: Dit was ’n hartseer dag toe Fransa se man by die huis aankom met die nuus dat sy maatskappy waarvoor hy werk gelikwideer is. Met hom as die hoof broodwinner in die huis sou hulle drastiese aanpassings aan hulle lewensstandaard moes maak aangesien hulle twee klein seuntjies gehad het om na om te sien. Van dag 1 af het Fransa-hulle egter besluit om hierdie hindernis met God te bespreek en Hom vir ’n uitkoms te vertrou. Was daar soms moeilike dae? Natuurlik. Het hulle soms op moedverloor se vlakte gaan draai? Dikwels. Tog, het hulle hulself telkens herinner dat God in beheer van elke situasie is. Op die dag wat hulle dit die minste verwag het, het die maatskappy se bestuur aangekondig dat ’n nuwe bestuurders die maatskappy sou oorneem. Fransa se man is deur die nuwe bestuur genader. Nie net het hulle vir hom ’n permanente pos aangebied nie. Dié keer was sy salaris groter en het hy heelwat meer voordele gehad as in sy vorige pos.
Â
STORIE 2: In ’n tydperk van 5 jaar, is Evelyn deur ’n egskeiding, ’n hartaanval, diensaflegging (retrenchment), ’n gebroke hart, die dood van ’n baba, ’n motorongeluk en sy is twee maal beroof. Kan enigiets positief hieruit kom? Luister na haar antwoord in ’n epos aan my: “Ek wil getuig dat slegs God my met sy ondersteuning, sy liefde en sy genade in hierdie tyd staande gehou het. Toe ek geskei is, het Hy my getroos. Toe ek die hartaanval gekry het, het Hy my ten volle laat herstel en my laat afsien van my rookgewoonte. Toe ek sonder werk was, het Hy baie mense gestuur om my finansieel uit te help. Toe my hart gebreek was, het Hy my laat sien dat die man in elk geval nie goed genoeg vir my was nie. Toe ek my een kind verloor het aan die dood, het Hy my gehelp om weer my ander kind te vind. Toe ek in die motorongeluk was en ook my motor verloor het, het Hy my bygestaan en vir my werk gegee reg oorkant my woonstel sodat ek nie ver hoef te loop nie. En toe ek beroof is, het Hy my ook daarvan laat herstel en my ondersteun met sy reddende regterhand.â€
Â
Wonder jy dalk waar God was toe ’n ramp jou of een van jou geliefdes getref het? Ek kan jou verseker dat Hy daar was.
- Hebreërs 4:13: “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
Â
Wonder jy dalk vandag hoekom Hy dit toegelaat het? Ek weet nie, maar God weet. Hy ken die toekoms selfs al maak die hede nie vir ons sin nie. En Hy maak nooit foute nie!
- Jesaja 55: 8-9: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.â€
Â
En wonder jy of enigiets goed ook uit jou seer kan kom? Lees gerus weer Romeine 8:28:
- Romeine 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.â€
Onthou, nie een van ons is gevrywaar van moeilike tye nie. Wat ons wel kan weet is dat God enige slegte situasie in jou lewe kan omdraai en gebruik om jou sterker aan die ander kant uit te bring – en meestal ook nader aan Hom. Gaan jy Hom in jou storm op Hom bly vertrou?
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U selfs die slegste situasie in iets positief kan omdraai. Help my asseblief om vandag nie onnodig vrae te vra nie, maar eerder my oë op U te hou. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk foto’s van FRANSA en EVELYN op die “STORIES VAN HOOP†blad op die sosiale netwerk, FBook (ek skryf die afkorting omdat sommige maatskappye eposse met die naam blok):
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus