Vers n dag - 16 April
TEMA VIR REEKS: “Van vrees na Vryheid... in 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 9: OORWIN JOU VREES ... VIR JOU VEILIGHEID – DEEL 3
Deur: Benescke Botha
Â
<Ter agtergrond: Na gister en eergister se oorweldigende reaksie van lesers, het ek ’n deel 2 en 3 by die huidige sub-tema bygevoeg. Vandag se stuk fokus op hoe ons kan optree in ’n situasie wat totaal BUITE ONS BEHEER IS...>
Met opgewondenheid het Pieter en Ansie van Zyl en hulle drie dogters ’n paar jaar gelede saam met Ansie se ouers op ’n karavaanvakansie vertrek. Waar die twee motors agter mekaar op die snelweg gery het, het beide Pieter en sy skoonouers karavane agter hul motors gesleep.
Â
Meteens het ’n rukwind vanuit nêrens opgesteek en die karavaan van sy skoonouers gevaarlik heen en weer oor die pad begin slinger. Van skok wou Pieter uitskree, maar geen klank wou by sy mond uitkom nie. Beide hy en Ansie het nou lam van skok die motor voor hulle magteloos dopgehou. Wat die situasie egter kritiek gemaak het, was die feit dat Pieter en Ansie se dogters in daardie stadium ook in die motor by Ansie se ouers was.
Â
Langs die pad het die gevaarlike afgrond gewink terwyl dit al duideliker begin word, het dat Ansie se pa besig was om beheer oor sy motor te verloor. Nader en nader het die motor aan die afgrond begin beweeg terwyl Pieter reeds in sy geestesoog kon sien hoe die motor teen die afgrond afrol. Toe, net voordat die karavaan finaal oor die afgrond stort, het Pieter sy stuurwiel vasgegryp en desperaat uit volle bors geskree: “Here, nee! Help! My kinders is in daardie kar!â€
Â
In ’n oogwink het die rukwind wat oomblikke vantevore opgesteek het, net so vinnig weer gaan lê terwyl die karavaan doodstil agter die motor neersak. So groot was die verbasing en verligting op daardie oomblik dat Pieter en Ansie in trane na mekaar gekyk het om seker te maak of dit wat hulle pas beleef het werklik was. Dit was egter die intense teenwoordigheid van die Heilige Gees op daardie oomblik in hulle voertuig wat hulle oortuig het dat God net-net hulle gebede verhoor het nie, maar dat hulle werklikwaar ook nie alleen in hulle motor was nie!
Â
- Psalm 34:20: “Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.â€
Â
- Psalm 34:18: “As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red hulle uit al hulle benoudhede.â€
Â
Nie een van ons is gevrywaar dat geen slegte dinge ooit met ons sal gebeur nie. Satan loop immers soos ’n brullende leeu rond opsoek na maniere om ons lewens te ontspoor. Wat ons wel kan weet is dat God almagtig is. Al sou die aanvalle teen ons kom, kan ons weet dat Hy ons daardeur sal dra en meer nog, dat Hy daarin spesialiseer om alles wat sleg in ons lewens gebeur het ten goede te laat meewerk vir dié wat Hom liefhet.
Â
Sit jy dalk vandag in ’n situasie wat totaal buite jou beheer voel – met jou finansies, by die werk, met jou huwelik, in jou gesin? Waarom kies jy nie ook om soos Pieter na God uit te roep nie? Onthou, God hoor jou nie net nie, Hy wil jou ook deurdra. Hy wag dat jy met ’n opregte hart na Hom sal draai en Hom deel van jou planne sal maak. Gaan jy dit doen?
Â
Vader God, baie dankie dat ek elke vrees in my hart na U kan bring met die wete dat net U my kan help om my vrees met geloof en vertroue in U te vervang. Lei my asseblief om daagliks met groter geloof te leef. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**FOTO’S VAN PIETER EN ANSIE EN HULLE DOGTERS: Kyk op die “STORIES VAN HOOP†blad op die sosiale netwerk, FBook (ek gebruik die afkorting omdat heelwat maatskappye eposse met die naam blok). Een van sy dogters, Helet het ’n tydjie gelede getrou.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus