Vers n dag - 15 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES NA VRYHEID IN 25 DAE...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 8: OORWIN JOU VREES ... VIR JOU VEILIGHEID 2
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Na gister se oorweldigende reaksie van lesers, het ek besef dat daar ’n klomp mense daagliks in vrees vir hulle veiligheid leef. Ek wil graag vir die res van die week ’n deel 2 en 3 byvoeg by die tema, “vrees vir jou veiligheidâ€. Vandag se stuk fokus op die waarde om vir jou eie en jou geliefdes (veral vir dié vêr van jou af) se veiligheid te bid>
1999. In Henneman in die Vrystaat het ’n predikant een Sondagoggend tydens ’n kerkdiens aan sy gemeentelede die geleentheid gegee om teen plaasaanvalle in ons land te bid. Agter in die kerk het een van die boere opgestaan en in ’n diep stem ernstig tot God gebid dat die volgende plaasaanval wat beplan word totaal sou misluk.
Twee aande later, sowat 1,000km weg van Henneman in KwaZulu-Natal, het die bejaarde Betty en haar hardhorende man, Paul reggemaak om te gaan slaap. Hulle het vir oulaas seker gemaak dat al die deure van die plaashuis gesluit is. Kort nadat hulle die ligte rondom 21:00 afgeskakel het, het beide aan die slaap geval. Sowat drie ure later het Betty skielik wakker geskrik. Flitsligte het nou vanuit die leefkamer in die slaapkamer ingeskyn. Dit was duidelik dat inbrekers besig was om in die plaashuis rond te krap!
Betty het onmiddellik na Paul oorgeleun en sag in sy oor gefluister dat daar iemand in die huis was. Hy het dadelik sy pistool uit sy bedkassie gehaal terwyl Betty van die bed afgeklim het om die kamerdeur te gaan toedruk. Die deur was net-net toe, toe een van die inbrekers dit hard vanuit die leefkamer se kant oopgestoot het. Hoewel Betty as asmalyer gewoonlik in stresvolle situasies haar stem totaal verloor, het sy van agter die deur hard en duidelik vir Paul geskree: “Skiet hulle!†In die donker kon die inbrekers hoor hoe Paul sy pistool oorhaal voordat hulle die hasepad gekies het. Paul agterna. Agter die deur het ’n sagte, misvormige wolk skielik oor Betty neergedaal terwyl sy God se intense teenwoordigheid rondom haar ervaar het.
Later daardie aand, toe alles weer bedaar het, het Betty en Paul op die voetenent van die bed gaan sit, hande vasgehou en God gedank dat Hy hulle daardie nag bonatuurlik beskerm het. Die volgende oggend nadat Betty met haar dogter oor die foon gesels het, het sy weer haar oë gesluit en God gedank. Nie net het Hy haar skoonseun se gebede beantwoord nie. Met die sagte, misvormige wolk rondom haar het Hy aan haar daardie nag sy teenwoordigheid in die plaashuis kom openbaar.
Sit jy vandag in ’n situasie waar jy in vrees leef vir jou eie (of jou familie) se veiligheid – dalk omdat hulle ook op ’n plaas woon. Kan ek jou herinner aan die woorde in Psalm 121: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.â€
Onthou, God hoor elke gebed wat jy in geloof bid. Soms wonder ek of daar nie dink ’n glimlag op sy gesig verskyn wanneer Hy hoor hoe ons Hom nie net vir ’n dosyn beskermingsengele vertrou nie, maar juis vir ’n legioen!
Vader God, baie dankie dat ek U vandag kan vra om my en my geliefdes te beskerm. Lei my asseblief vandag om nie in vrees te leef nie, maar om waarlik my oë op U te plaas. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â