Vers n dag - 14 April
TEMA VIR REEKS: “Van Vrees na Vryheid... in 25 daeâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 7: OORKOM VREES... VIR JOU KIND SE VEILIGHEID
Deur: Benescke Botha
2005 was ’n moeilike jaar vir Cherolyne en haar seun, Duwayne. Waar Duwayne hoërskool betree het, het bendegeweld hoogty gevier en al wat Cherolyne in haar magteloosheid kon doen was om soggens haar hand op haar seun se kop te sit met die woorde: “Duwayne, ek bid dat Jesus se bloed jou dwarsdeur die dag sal beskerm.â€
Een middag toe Cherolyne na werk by die huis kom, het haar seun grootoog nadergestaan om haar te vertel wat die dag by die skool gebeur het. Toe die skoolklok aan die einde van die dag lui het Duwayne sy tas op sy rug gesit en na die skoolhek gestap. Net toe hy die skoolterrein verlaat het hy geskok besef dat een van die bendes vir hom gestaan en wag het. Waar hulle nou ’n kring rondom hom gevorm het, het hy geweet dat hulle sy besittings van hom wou afneem. “Mamma,†het hy opgewonde vertel. “Al het my hart verskriklik vinnig geklop, het ek net daar en dan besluit om die volle wapenrusting van God aan te trek. Vol selfvertroue het ek reguit na hulle gekyk en toe besluit om net aan te stap.†Hy het geglimlag. “Ma, dit het gevoel asof ek Daniël in die leeukuil was, want al weet ek sommige van hulle dra messe en selfs gevaarlike wapens by hulle, het geeneen van hulle dit eens gewaag om ’n vinger teen my te lig nie!†Dwarsdeur Duwayne se skoolloopbaan het God hom telkemale van gevaarsituasies beskerm.
Bekommer jy jou ook vandag oor jou kinders se veiligheid? Bekommer jy jou dat hulle dalk met die verkeerde groep kinders bevriend kan raak, dat hulle ontvoer sal word of dat hulle in ’n motorongeluk sal beland? Onthou, God sluimer en slaap nooit nie. Is dit nie dalk ook vir jou tyd om Jesus se bloed oor jou kinders af te pleit terwyl jy vir God vra om sy engele te stuur om hulle op te pas nie?
Psalm 91: 5-11: “Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie… Hy (God) sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.â€
Was Duwayne daardie dag alleen op die skoolterrein? Natuurlik nie. Soms wonder ek wat die bende se reaksie sou wees as God hulle geestesoë vir ’n oomblik oopgemaak het sodat hulle die legioen van engele langs Duwayne kon raaksien? Kies van vandag af om op te hou stres oor jou kinders en jou geliefdes. Gee hulle aan God oor. Onthou, Hy is oral – ook daar waar jy nie kan wees nie!
Vader God, dankie dat ek U kan vra om my geliefdes te beskerm waar hulle ook al daagliks rondbeweeg. Lei my asseblief om nie onnodig te stres nie, maar om te rus in die wete dat U werklik in beheer is. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* Kyk na ’n foto van Cherolyne en Duwayne op die STORIES VAN HOOP bladsy van die sosiale netwerk, FB (ek skryf die afkorting omdat sommige maatskappye eposse met die woord blok).
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus