Vers n dag - 13 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES TOT VRYHEID... IN 25 DAEâ€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 6: OORKOM VREES... VIR DIE DOOD
Deur: Benescke Botha
Â
<Ter agtergrond: Een van die mees algemene vrese wat lesers oor die afgelope paar dae vir my aangestuur het, is die vrees vir die dood. Vandag deel ek graag ’n storie wat vir my geweldige gemoedsrus en vrede gebring het wanneer ek aan my eie sterfdag dink:>
Tanya is reeds vir meer as 20 jaar lank ’n hospitaalsuster in dieselfde hospitaal. Vir haar is haar werk nie bloot ’n beroep nie – dit is ’n roeping. Dit is hier in die hospitaal waar Tanya gereeld as sagte, stabiele pilaar vir families optree wanneer die druk van ’n geliefde se siekte te veel raak. Ook wanneer ’n dokter die nuus kom breek dat hulle alles gedoen het wat hulle kon, maar dat dit nie genoeg was nie. En menigte aande sal Tanya tydens haar rondtes langs een van die verlate en vergete pasiënte se beddens gaan staan, ’n kort gebed doen en dan die pasiënt se hand ’n sagte drukkie gee voordat sy aanbeweeg. Vir haar is dit ’n teken vir die pasiënt dat iemand wel nog oor hom/haar omgee.
Op die vraag wat haar die meeste van haar werk fassineer, antwoord Tanya gewoonlik vinnig: “In die hospitaal word mens daagliks met die realiteit van lewe en dood gekonfronteer. Een van die grootste voorregte wat ek wel het, is om met sekerheid te sê dat daar ’n ewigheid vir ons aan die ander kant wag.â€
Met ’n dringendheid in haar oë sal Tanya dan vorentoe leun om te vertel hoedat daar ’n merkbare verskil is wanneer ’n gelowige sterf teenoor iemand wat gekies het om God tydens hulle aardse bestaan te verwerp. “Dit is asof ’n bonatuurlike vrede oor ’n gelowige neerdaal sekondes voordat hy/sy sterf en oorgaan hemel toe. Net so is daar ’n duidelik vrees wat skielik intree by ongelowiges sekondes voordat só ’n persoon ’n ewigheid sonder God betree.â€
Sit jy vandag met ’n vrees vir die dood? Sit jy met ’n vrees of jy werklik gered is en ’n ewigheid saam met God sal beërwe? Hier is vir jou antwoorde op drie algemene kwelvrae:
VRAAG 1: HOE KAN EK WEET DAT DAAR ‘N LEWE NA DIE DOOD BESTAAN?
- Johannes 11:25-26: “Toe sê Jesus vir haar: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie…â€
Â
VRAAG 2: HOE KAN EK DIE EWIGE LEWE BEËRWE?
- Romeine 10:9: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.†Het jy dit al gedoen?
VRAAG 3: WAARNA KAN ONS VIR DIE EWIGHEID UITSIEN?
Het jy dalk onlangs ’n geliefde aan die dood afgestaan en sukkel jy om hulle dood te verwerk? Luister dan vir ’n oomblik na wat hy/sy tans in die hemel beleef:
- Openbaring 21:4-5: “Hy (Jesus) sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie …â€
As jy nog nie jou lewe aan God oorgegee het nie, doen dit sommer nou. Waarom wil jy ’n ewigheid met vrees instap as jy dit met bonatuurlike vrede en geluk kan doen?
GEBED AS JY NOG NIE SEKER IS WAAR JY EWIGHEID GAAN SPANDEER NIE:
Vader God, ek kom vandag na U toe in die Naam van Jesus Christus. Ek besef dat ek op my eie ’n sondaar is wat nooit in u oë kan doen wat reg is nie. Ek kies daarom vandag om Jesus Christus die Redder van my lewe te maak. Vul my met u Heilige Gees en lei my daagliks om ’n sterker verhouding met U te bou. Dankie dat ek dit kan bid in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus