Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 30 Oktober 2012

BEHEER JOU HUMEUR

Frank Retief

"'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon." Spreuke 14:29

Die meeste van ons ken seker die naam van die beroemde 16de-eeuse Hervormer, Johannes Calvyn.  Hy was 'n diep gelowige man wie se invloed deur die eeue strek.  Maar nie baie van ons weet van die keer toe Calvyn oor die bewoording in 'n sekere dokument sy humeur heeltemal verloor het en diegene teenwoordig 'n help klomp skerp en bitter woord toegevoeg het nie.  Dit het gebeur toe hy nog 'n jongman was en nie so bekend as wat hy later sou word nie. Die neiging om sy humeur te verloor, was egter 'n lewenslange stryd vir Johannes Calvyn.

Net soos Calvyn het ons almal ons foute en om kort van draad te wees is moontlik een van hulle. Wie van ons het nie al jou humeur verloor en dinge gesê wat jy nooit kan terugtrek nie en waaroor jy baie jammer en skaam is nie?

Dit is egter waar dat nie alle woede sonde is nie.  Soms is woede die regte reaksie oor 'n sonde of 'n onregverdigheid.  Maar nie die woede wat so van ons besit neem dat ons heeltemal beheer verloor nie en wat, as gevolg van ons onvermoë om onsself te beheer, daartoe aanleiding gee dat baie mense in die proses seerkry.

Die apostel Paulus het hierdie sondige tendens van ons om kwaad te word geken, en hy skryf: "As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.“ Efesiërs 4:26-27.

Hy vertel ons om, wanneer dinge gebeur wat ons kwaad maak, onsself te beheer.  Alle verskille moet nog dieselfde dag aangespreek word.  Anders is dit moontlik om so oor die onregverdigheid te broei en voor jy weet het die duiwel 'n vatkans gekry en dan is daar groot drama en konflik wat baie verhoudings vernietig.

Soms kan mense se woorde en dade tot groot hartseer aanleiding gee en jy is dalk heel tereg kwaad. Maar dit is baie beter om eers na te dink voordat ons praat.  Ons moet almal probeer om verhoudings te bewaar en op te bou en nie af te breek nie.

Dit vra baie genade en selfbeheersing. Maar is dit nie hoe die Here se kinders hulle in alle omstandighede moet gedra nie? Ons lees in die Nuwe Testament dat Jesus soms kwaad geword het, maar dit was elke keer omdat diegene met wie Hy gepraat het hulle harte teen God, of selfs die minderbevoorregtes, verhard het.

Miskien moet jy iemand om verskoning vra; of 'n verhouding herstel of 'n hand van vriendskap na iemand uitsteek.  Hoekom doen jy dit nie voordat hierdie dag verby is nie?

Gebed: Almagtige God, U het alle rede gehad om vir die mensdom wat so teen U rebelleer kwaad te wees, maar tog het U ons steeds so liefgehad dat U u enigste Seun gestuur het om ons te verlos.  Vergewe my vir die kere wat ek U nie waardig was nie en myself toegelaat het om kwaad te word en ander te beledig.  Help my om sake reg te stel en skenk my die genade om te kan verander. Amen.

Previous article: Vers n dag - 31 Oktober 2012 Prev Next article: Vers n dag - 29 Oktober 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.