Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 25 Oktober 2012

DIE VERSTERKING VAN JOU INNERLIKE WESE

Frank Retief

Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe.  2 Korintiërs 13:5

Indien jy gereeld in die gimnasium oefen sal jy weet dat jy herhaaldelik aangesê word om jou belangrikste spiere te versterk, soos byvoorbeeld die rug-, dy-, heup- en maagspiere.

Volgens Harvard Universiteit se Mediese Fakulteit hou oefening allerhande voordele in vir jou liggaam, gesondheid en algemene welsyn.

Ek dink dit is ook waar vir ons as Christene.  Ons moet voortdurend terugkeer na basiese geestelike waarhede sodat ons in ons geloof seker kan wees, sterk kan bly, en geestelik kan groei.  Om dié rede sê Paulus vir sy vriende in Korinte om hulleself te ondersoek.  Ons behoort dit ook te doen.  Maar hoe doen ons dit?

Ons weet almal hoe om na onsself om te sien in ander terreine van ons lewens.  Diëte is 'n goeie voorbeeld.  Ons begin gewoonlik met groot entoesiasme, dan begin ons om 'n klein bietjie te kul; en uiteindelik kul ons sommer baie.  Op die ou end laat staan ons maar die dieet; maar dit is nie asof ons nie weet wat ons doen nie.

Dit is ook die geval met ons geestelike lewens.  Ons moet onsself gereeld ondersoek.  Ons weet baie goed wanneer ons begin om in ons geestelike lewe te kul. Daar is sekere vrae wat ons aan onself moet stel.  Glo ons steeds wat ons bely het toe ons Christene geword het?  Is ons steeds nie skaam om te sê dat ons Christene is nie? Is ons steeds toegewyd aan Hom? Bly ons getrou aan Hom selfs in moeilike tye?

Paulus sê:"stel julleself op die proef".  As Christus in jou is kan jy nie help om 'n Christen te wees en te doen wat reg is nie, selfs al is dit soms baie moeilik.  Is jou innerlike wese, die kern van jou geloof, sterk?

Dit sal ons baie help as ons gereeld stiltetyd hou waar ons die Bybel lees en dit wat ons lees  oordink.  En natuurlik moet ons gereeld in die kerk wees om saam met mede-gelowiges God te aanbid.

Hierdie en 'n hele klomp dinge wat jou gesonde verstand vir jou sê, kan help om jouself en jou toewyding aan Christus te ondersoek.  Op hierdie manier kan jy verseker dat die kern van jou geloof sterk bly.

Gebed:  Almagtige God, ek voel dat ek op die oomblik nie so styf aan U vashou as wat ek moet nie. Ek weet dat ek myself moet ondersoek.  Help my asseblief.  Dankie dat U my ken en ten spyte van my swakhede my tog liefhet.  Skenk aan my die genade om my innerlike wese te versterk sodat ek U kan liefhê, dien en elke dag tot U eer kan leef. Amen

Previous article: Vers n dag - 26 Oktober 2012 Prev Next article: Vers n dag - 24 Oktober 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.