Vers n dag - 9 April
TEMA VIR REEKS: LEER VREESLOOS LEEF IN 25 DAE.
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 4: BESKERM DIE VREDE IN JOU HART
Deur: Benescke Botha
Was jy al ooit op ’n Saterdagmiddag tydens ’n belangrike rugbywedstryd oppad na ’n ander funksie? In sulke tye word die radio noodgedwonge aangeskakel om die wedstryd via die radiokommentator te volg. Gestel nou, nes die spannende wedstryd sy einde nader, hoor jy skielik: “Gggggg....†’n Seinonderbreking omdat jy tussen die klowe deurry! Frustrerend, nie waar nie? Veral as die radiosein eers herstel nadat die wedstryd reeds verby is en jy die finale telling misgeloop het!
Die vrede en harmonie in ons lewens kan met hierdie radiosein vergelyk word. Soms ervaar ons ’n rustigheid en vrede in ons gemoed terwyl ons die stem van die Heilige Gees duidelik kan hoor. Tog, wanneer ons in vrees begin leef of sonde geleidelik in ons lewens toelaat, sal ons vind dat hierdie vrede in ’n onrustigheid verander en dat daar ’n “seinonderbreking†met die Heilige Gees ontstaan.
Die vyand is daarop uit om jou vrede te steel. Waarom? Sonder vrede voel jy onrustig. Jy sukkel om besluite te neem. Jy raak makliker geïrriteerd. Jou vrese en bekommernisse raak al groter. En meestal dryf ons mense van ons af weg eerder as om hulle nader na ons toe te trek.
Hoe steel die vyand jou vrede? Hy plaas ’n stadige bestuurder voor jou in die verkeer en jy verloor jou humeur. Hy plaas ’n gedagte in jou kop dat van jou kollegas van jou skinder (terwyl jy reeds sukkel met verwerping). Hy laat jou onnodig stres oor jou kind se veiligheid. Of hy oortuig jou dat jy nie met jou finansies deur die maand gaan kom nie. Sy hoofdoel is om die harmonie en “sein†met die Heilige Gees te versteur en jou fokus wég van God te trek en vierkantig op jou vrese en bekommernisse te plaas.
Hoe herstel jy hierdie vrede in jou lewe? Die maklikste is om Paulus se raad in Filippense 4:6-7 te volg: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.â€
Ervaar jy tans vrede in jou hart? Of sit jy dalk met daardie onverklaarbare hol kol op jou maag? Kies vandag om jou sonde voor God te bely. En kies ook om weg te kyk van jou vrese en jou fokus terug op Hom te plas. Dit is immers net Hy wat jou vrede en sein met die Heilige Gees kan herstel en hiermee saam aan jou daardie vrede kan gee wat alle verstand te bowe gaan!
Vader God, baie dankie dat ek met elke bekommernis in my hart na U mag kom. Ek plaas vandag (noem jou bekommernis) by die kruis neer. Plaas asseblief weer daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan terug in my hart. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Onthou om foto’s ook saam te stuur. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Sonder die nodige ondersteuning sal die diens nie moontlik wees nie.