Vers n dag - 8 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES TOT VRYHEID... IN 25 DAE.â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 3: OORWIN VREES MET DIE WOORD
Deur: Benescke Botha
Langtong. DÃt was die monster se naam in een van die kinderstorie wat my en my broer se kinderoppasser ons gereeld op ons versoek oorvertel het. Al het ons later die storie uit ons koppe geken, het dit ons bly fassineer dat hierdie groen draak dit kon regkry om die dorpie in die vallei se mense vir so lank in vrees te laat leef. DÃt terwyl hyself nie eens een tand in sy mond gehad het nie – net ’n lang, slymerige tong!
Vanuit die berg het Langtong daagliks gebrul. En onder in die vallei het die dorpie se inwoners van vrees bly ril. Die vrees het mettertyd so erg geraak dat nie eens die beste swaardvegters in die dorpie dit sou waag om ’n swaard op te neem, teen die berghang uit te klouter en Langtong van kant te gaan maak nie. (Sou hulle dit wel gedoen het, is ek seker hulle sou verbaas gestaan het by die besef dat hierdie monster al die tyd skadeloos was!)
Ek kan nie help om te wonder of die vyand nie ook soms hierdie “Langtongâ€-strategie in ons lewens inspan nie. Hy brul vanuit die berg en in ons harte begin ons aan vrese vir die toekoms, vir mislukking, vir mense, vir verwerping en vele ander klou. Hoe meer ons luister na sy gebrul, hoe minder word ons geloof in God. En tog, hoe meer ons kies om ons oë op God te hou, hoe sterker word ons geloof in Hom terwyl Langtong se gebrul terselfdertyd totaal uitgedoof word.
In Efesiërs 6 herinner Paulus ons daaraan om daagliks ons eie swaard op te neem wanneer die vyand begin brul.
Hoe neem jy jou swaard op? Jy doen dit deur God se woord en sy beloftes in jou hart te bêre. Skryf dit neer en plak dit op ’n plek waar jy dit daagliks kan sien – in jou badkamer, in jou kar, teen die yskas. Maak dan ’n punt om dit daagliks te oordink. Nie net sal dit jou geloof versterk nie. Dit sal die Heilige Gees ook iets gee om jou aan te kom herinner wanneer ’n krisis of vrees skielik jou pad kruis. Hier is twee teksverse wat jy vandag in jou hart kan bêre:
· Jesaja 41:13: “Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.â€
· Jesaja 43:1-5: “Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, jou Redder...â€
Voel jy dalk vandag of Langtong in jou nek blaas? Voel jy of hy jou agtervolg waar jy ook al rondbeweeg? Neem dan jou swaard op. Stap saam met God teen die berghang uit. En wanneer jy voor Langtong gaan staan, kyk hom in die oë terwyl jy hom eens en vir altyd finaal (met God se beloftes) verslaan!
Vader God, baie dankie vir u woord in my lewe. Herinner my vandag aan u beloftes sodat ek my oë op U kan hou te midde van enige moeilike situasie. Wees U asseblief vandag my toevlug. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Onthou om foto’s ook saam te stuur. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Sonder die nodige ondersteuning sal die diens nie moontlik wees nie.