Vers n dag - 7 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES TOT VRYHEID... IN 25 DAE.â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 2: KIES OM VAN VREES WEG TE BLY. WAAROM?
Deur: Benescke Botha
Het jy al ’n boksgeveg of ’n tenniswedstryd dopgehou? Wat op die oog af mag lyk na twee boksers wat vir ’n vale rondtrippel en net nou en dan ’n hou inkry of na twee tennisspelers wat bloot probeer om die bal oor die net terug te slaan, is vir ’n sportkenner veel meer. Hy/sy sal vinnig aan jou kan uitwys dat die deelnemers in beide sportsoorte daarop fokus om so gou moontlik hulle teenstanders se swakpunte te identifiseer. Met hierdie kennis word dit dan heelwat makliker om ’n opponent op die tennisbaan of in die bokskruit te verslaan.
Â
Dit is wat ons vyand ook doen. Hy hou ons dop en soek na maniere om ons aan te val. Satan en Job se storie is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Job het alles gehad. ’n Mooi huis. ’n Klomp besittings. ’n String kinders. En daarby ’n wonderlike verhouding met God. Satan het die aarde deurkruis en vir Job raakgesien. Hy het Job gehaat. Om sake te vererger kon Satan en sy trawante geen skade aan Job berokken nie omdat God ’n beskermingsmuur reg rondom hom, sy familie en ook sy besittings geplaas het (Job 1:10 – 1953-vertaling).
Â
Tog het Job een swak punt gehad: Vrees. Satan het dit raakgesien en toe hy ’n geleentheid kry om Job se geloof te toets, het hy vir Job geslaan waar dit hom die seerste sou maak. In Job 3:25 lees ons Job se woorde nadat hy alles verloor het: “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref.â€
Dink vir ’n oomblik na oor jou gesprekke van die afgelope week. Was dit gevul met woorde vol vrees – vir jou en jou kinders se veiligheid, vir ons land se toekoms, vir die moontlikheid dat jou huweliksmaat ’n buite-egtelike verhouding gaan aanknoop of vrees dat jy en jou gesin in ’n ongeluk betrokke gaan wees? Of was jou gesprekke gevul met woorde wat getuig van jou geloof en vertroue op God wat groter is as enige uitdaging?
Â
Luister weer na God se woorde in Jesaja 54:17: “Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie... Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg…â€
Â
Vertrou jy vandag op God of gee jy toe aan jou vrese? Onthou, die vyand trippel rond in die bokskruit. Hy hou jou dop op die tennisbaan. Kan ek jou aanmoedig om hom ’n vuishou te gee deur jouself (en ook die mense rondom jou) telkens te herinner dat God in elke situasie steeds die laaste sê het? Hy bly immers gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. Sterkte.
Â
Vader God, baie dankie dat ek elke vrees in my hart na U kan bring. Lei my asseblief daagliks deur u Heilige Gees om met groter geloof vreesloos te leef. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus