Vers n dag - 6 April
TEMA VIR REEKS: “VAN VREES TOT VRYHEID...  IN 25 DAE.â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 1: WAT IS VREES?
Deur: Benescke Botha
Â
Jou hart klop vinnig. Jou asem jaag. Jou vriende het jou gevra om hulle huis “op te pas†terwyl hulle met vakansie weg is. Jy was aanvanklik opgewonde. Tog, waar jy nou in hulle lang donker gang op pad na die donker kombuis staan, sukkel jy skielik om reguit te dink. Jy hoor weer die geluid. Vars koue rillings gly weereens langs jou ruggraat af by die gedagte dat iemand besig is om in die kombuis rond te krap!
Â
Jy gee ’n stadige tree vorentoe terwyl honderde gedagtes deur jou kop maal. Moet jy die polisie bel? Moet jy die noodknop druk? Moet jy eerder gaan wegkruip? Of moet jy die dief trompop loop? Jy sukkel skielik om ’n besluit te neem.
Â
Jy is nou baie naby aan die kombuis. Vir oulaas haal jy diep asem voordat jy jou hand nou voel-voel teen die koue gangmuur na die kombuislig se skakelaar uitsteek. Met een beweging skakel jy die lig aan terwyl jy terselfdertyd uit volle bors soos ’n polisiekonstabel wat ’n arrestasie maak skree: “Wat soek julle in die huis?!â€
Â
Soos ’n hamerhou tref dit jou. Dit is Gemmer die huiskat wat by die venster ingespring het! Vir ’n oomblik draai Gemmer nou sy kop in jou rigting asof hy wil vra: “En vir wat skree jy so?†Dan spring hy nonchalant van die kombuiskas af voordat hy draf-draf die kombuis verlaat. Met ’n kombinasie van skok en verligting (dat niemand buiten Gemmer jou gillery gehoor het nie), sak jy nou met ’n glimlag op jou hurke teen die gangmuur af.
Â
Is dit nie presies wat vrees in ons lewens doen nie? As ons dit nie betyds beheer nie, veroorsaak die “wat as†of die “wat moontlik in die onbekende vir ons kan wag†dat ons totaal perspektief van die hede begin verloor. Dit verlam ons en veroorsaak dat ons later in elke situasie die ergste begin verwag.
Â
Byvoorbeeld: Jy beleef ’n klein finansiële krisis, maar in jou agterkop hoor jy reeds hoe die bankbestuurder jou bankrot verklaar. Jy besoek die dokter met ’n pyn in jou toon, maar waar jy in die wagkamer sit en wag, hoor jy reeds in jou agterkop hoe die dokter sê dat hy jou voet gaan moet amputeer. Of ons lees in die koerant van nog ’n plaasmoord en in jou agterkop hoor jy reeds die nuus dat familie of jy en jou gesin die volgende slagoffers gaan wees. Dit is wat vrees doen. Dit steel ons selfvertroue en perspektief. Dit maak ons passief. En dit veroorsaak dat ons sonder enige lewensvreugde begin leef.
Â
In ’n stadium in sy lewe, het Dawid daagliks, met Saul en sy manskappe kort op sy hakke, vir sy lewe gevrees. Hy was telkens voor ’n keuse geplaas. Hy kon óf toegelaat het dat vrees en bekommernis hom onderkry óf hy kon kies om te midde van sy lewensbedreigende oomblikke sy vertroue op God plaas. Dawid het telkens laasgenoemde opsie gekies en God het hom telkens beskerm. Luister weer na Dawid se woorde in Psalm 118:6: “Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?â€
Â
Onthou, ons almal stap van tyd tot tyd deur daardie “lang donker gang†op pad na die geluid vanuit die donker kombuis. Gaan jy die ergste verwag en toelaat dat vrees jou oorweldig? Of gaan jy kies om jouself te herinner dat jy nie alleen in die gang stap nie, maar dat God reg langs jou is? Hy weet reeds wat in die kombuis wag – en menigte kere is dit ook maar net Gemmer die huiskat! Sterkte.
Â
Vader God, baie dankie dat U konstant by my is deur u Heilige Gees. Lei my asseblief om nie vas te kyk in die “wat as†nie, maar om my oë op U te vestig met die wete dat U my nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Temas waarna jy vir die volgende paar dae kan uitsien: Waar kom vrees vandaan? Waarom en hoe om van vrees weg te bly?; Oorkom jou vrees vir die dood; Oorkom jou vrees vir verwerping; Oorkom jou vrees om weer lief te hê; Oorkom jou vrees vir jou kinders se veiligheid.
Stuur gerus jou voorstelle na
NUUSBROKKIES:
- GOEIE NUUS: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die 40,000+ lesers per dag merk verbygesteek het. Ons doelwit was aanvanklik om ons intekenare vanjaar na 50,000 te verhoog, maar met God se hulp lyk dit asof ons hierdie doelwit reeds teen Julie sal kan bereik? Het jy vriende wat nog nie Vers-’n-dag ontvang nie? Teken hulle dan gerus in by: www.versndag.co.za
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â