Vers n dag - 1 April
NEEM DEEL: Van Maandag af begin ons met ’n splinternuwe reeks getiteld: “Van vrees tot vryheid... in 25 dae!†Is daar spesifieke vrese wat jy sukkel om te oorkom? Stuur gerus ’n epos aan
VORIGE DAGSTUKKIES: Kry dit gerus op ons webwerf, www.versndag.co.za
KOM ONS ONTHOU HIERDIE PAASFEES...
Deur: Benescke Botha
’n Mediese suster vertel onlangs van ’n bejaarde man in sy tagtigs wat een oggend rondom half 9 by die ongevallesaal opgedaag het. Dit was duidelik dat die man haastig op pad êrens heen was omdat hy kort-kort op sy horlosie gekyk het. Toe die suster na hom oorstap en hulp aanbied het die man dit dadelik aanvaar. Hy het gekom om die steke uit sy duim te laat verwyder. Terwyl die suster begin het om aan die man se hand te werk, het sy tussen die gesels deur gevra of die man op pad was na ’n ander doktersafspraak. Hy het glimlaggend geantwoord dat hy op pad was na die verpleeginrigting waar hy teen nege uur saam met sy vrou moes gaan ontbyt met.
Â
Aangesien die man haastig voorgekom het, het die suster grappig gevra of die tannie dan kwaai was as hy laat kom. Die man het egter vertel dat sy vrou reeds vir ’n geruime tyd aan Alzheimersiekte ly. Dit was vyf jaar sedert sy hom laas herken het. Verbaas dat die man steeds soveel moeite vir sy vrou doen, het die suster spontaan gevra: “Maar oom, gaan oom steeds elke oggend na die verpleeginrigting selfs al weet oom se vrou nie meer wie oom is nie?†Die bejaarde man het geglimlag, die suster se hand sag gedruk en geantwoord: “Suster, sy ken my dalk nie meer nie, maar ek weet nog wie sy is.â€
Â
Ek wonder of ons nie soms net soos die vrou met die Alzheimersiekte raak nie. Ons raak so gefokus op ons werk of kinders by die huis dat ons totaal van God in ons lewens vergeet. Ons vergeet wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Ons vergeet dat ons daagliks die Heilige Gees by ons het om ons in waarheid en wysheid te lei. En deur alles staan God by ons hart se deur en klop. Deur alles begeer Hy dat ons na Hom sal draai.
- Openbaring 3:20: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal.â€
- Johannes 3:16: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.â€
Kom ons kies om in hierdie Paastyd vir God dankie te sê dat Hy sy Seun gegee het. Kom ons sê vir Jesus dankie vir sy opoffering. En kom ons spits ons ore vir die leiding en wysheid van die Heilige Gees in ons lewens. Onthou, vandag staan Hy by jou hart se deur en klop. Selfs al vergeet jy wie Hy is, môre sal Hy weer daar wees! Waarom kies jy nie om jou hart se deur oop te maak nie?
Â
Vader God, baie dankie dat ons opnuut herinner word in hierdie Paastyd aan wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Dankie Jesus dat U bereid was om vir ons te sterf. Help my vandag om voluit te leef. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NOTA VAN DIE SKRYWER:
Dit is fantasties om terug te wees. Baie dankie aan elke leser wat steeds oor die maand van Maart vir my geskryf het. Dit bly altyd lekker om te hoor waar en hoe God werk.
Â
As jy die “eksperiment†om die Heilige Gees se stem te hoor (wat ek teen die einde van Februarie gegee het), gevolg het, skryf gerus vir my wat jy beleef het. Ook, as jy enige spesifieke vrese het waarmee jy daagliks sukkel, skryf aan my sodat ons dit saam met die Heilige Gees in die maand wat voorlê kan takel. Van Maandag af begin die opwindende reeks getiteld, “Van vrees tot vryheid... in 25 dae!â€
Groetnis. Benescke
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan: