Vers n dag - 25 Maart
As materialisme jou in die sak het
ʼn Sekulêre kultuur – ‘n kultuur sonder ‘n besef van God se teenwoordigheid en wat meestal apaties staan teenoor die geestelike het nie regtig plek vir die Gees of die wysheid van God nie.
Dit lyk asof die belangrikste waardes vandag prestasie, besittings en voorkoms is. Jesus se wysheid was nog nooit en is steeds nie in die mode nie..
Siende blind
Ons gedagtes is so gerig op die materiële wêreld dat ons soos Nikodemus dom is wanneer dit kom by die dinge wat ons nie kan aanraak en nie kan sien nie. Ons wil, soos die Engelse spreekwoord sê, die koek eet maar dit steeds voor ons hê Ons will alles hê wat die koninkryk van die wêreld kan bied - al die uiterlike vertoon van rykdom en sukses en dan geloof as die finale afronding vir ‘n volmaakte middelklasbestaan en by dit alles ʼn God wat ons kan hiet en gebiet waar en wanneer ons hom in ons besige lewens kan inpas. Dit kan seker, maar dis moeilik want wie en wat plaas ek eerste op my prioriteitslys?
Dalk kan jy ‘n kompromis maak: doen gou jou liefdadigheids-werk op pad van die gym of skoonheidsalon af na jou sosiale afspraak of jou kinders sportbyeenkoms toe dan voel jy goed, die armes het iets gekry om te eet en jy’t ontslae geraak van jou skuldgevoelens en ʼn paar stukkies ou klere en jy’t tyd gespaar.
Stel jou voor, Christus staan bewoë eenkant omdat Hy heeltemal uit die prentjie gelaat is.
Gebed vir vandag
Ek kan net sowel erken. Dit wat vir my en myne belangrik is,is eerste op my lysie van moets. Die ander kom as ʼn nagedagtenis. ‘Skuus Here dat ek so nie in pas is met U koninkryk nie.
Julle moet opnuut gebore word. Joh. 3:
Ek het julle van die aardse dinge vertel, en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel? Joh. 3:12
Â