Vers n dag - 26 Maart
As Mammon jou beste maat is
Mense word gemeet aan wat hulle besit
“Die een wat met die meeste speelgoed doodgaan, wen!†verklaar ’n graffiti-boodskap êrens op ʼn muur. Iemand anders verander dit toetona: “Die een wat met die meeste speelgoed doodgaan, gaan in elk geval dood.†Tog hunker mense steeds daarna om meer te besit want as jy nie besit nie, tel jy nie.
Toets jouself: Deur wie word jy die maklikste geïmponeer – die ou met die nuwe pak klere en die blink motor of die een met die blink pak en die ou kar? Geld is mag. Geld is status. Ons leer dit van kleintyd af.
Jesus sê iets radikaal anders: Ons kan nie vir God én geld dien nie want God weet dat goed of geld nie geluk waarborg of selfs skep nie. Hy weet ook as ons oor materiële dinge angstig is, ly ons geestelike lewe daaronder. As ons met angstigheid gevul is, is daar nie plek vir God nie.
Dien God met jou geld
Die enigste manier om aan hierdie sug na rykdom te ontkom, is om God met jou rykdom te dien. Wanneer Mammon in jou hande is en nie in jou hart nie, kan jy hom inspan as instrument in God se koninkryk.
Gebed vir vandag
Ek moet erken, Here, besittings het besit van my geneem. Maak my los daarvan sodat ek volkome in U besit kan kom.
Vers ʼn dag
Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep Matt 6:24.
Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Filip. 4:11.
God skryf jou geskiedenis oor in sy hemelse handskrif