Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jesus loop vandag steeds saam met ons - 8 Mei 2026

Imogen Campbell
 
Terwyl hulle so praat en bespiegel, kom Jesus self nader en loop saam met hulle ... Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê.  Lukas 24:15,27, 2020-vertaling
 
In die tyd van meesterklasse, onthou ek die een wat Jesus aan die twee mans onderweg na Emmaus gegee het. Die Bybel leer ons dat Jesus hulle regdeur die Skrif geneem het en die Skrifte wat oor Hom spesifiek gehandel het vir hulle uitgelê het.
 
Ek wens ek het die kripnotas, opsommings of net iets van hierdie meesterklas gehad. Waarom gee Lukas ons nie meer besonderhede oor hierdie gesprek wat plaasvind in 'n tyd toe Jerusalem in chaos was nie?
 
Vroeër daardie Sondag het Jesus uit die dood opgestaan. Ironies, die soldate wat die graf moes oppas het gebewe en soos dooies geword toe 'n engel verskyn en die klip wegrol. Ontslape heiliges het selfs uit hulle grafte gekom en aan baie verskyn. Wat 'n tyd om te lewe was dit nie.
 
Pelgrims na Jerusalem was steeds geskok oor die gebeure van die afgelope dae – die bonatuurlike ongekende duisternis waarin die stad vir drie ure gehul was, gevolg deur 'n aardbewing. Minder as 'n week nadat Hy die stad op 'n donkie binnegery het, is Jesus van Nasaret igekruisig en in sy donkerste uur verlaat.
 
Vir sy volgelinge was dit verskriklik. Hulle het die Een wie hulle gedink het dinge in Israel sou omdraai, verloën en verlaat. Hulle het alles opgeoffer vir hierdie Leermeester. En wat nou? Wie weet met watter vrae hulle in hulle harte geworstel het.
 
Maar 'n opgestane Jesus het gekies om daardie dag met hierdie twee mans wat die dissipels geken het, saam te loop. Aan hierdie twee, waarvan een naamloos bly, het Hy alles verduidelik. En slegs nadat Hy Homself aan hulle geopenbaar het, het Hy geheimsinnig verdwyn.
 
Lukas 24:32 bly een van my gunstelinge: “Was ons harte nie brandend in ons toe Hy met ons langs die pad gepraat en die Skrifte vir ons uitgelê het nie?”
 
In 'n sekere sin beskik ons oor die volledige Woord van God, dit wat Jesus op 'n bondige manier aan hierdie mans uitgelê het, is vandag daar vir ons om te bestudeer – selfs in diepte. Ons kan daaruit leer en ook stukkies wysheid ontdek. Maar hoe geseënd was daardie mans nie om van die Woord van God self te leer nie.
 
Gebed: Here Jesus, dankie vir u Woord. Dit bevat 'n ryk tappisserie van lewens wat oor millenia strek en wat profeties vir ons wys na wat nog gaan kom. Dankie dat U ons seën met u onuitwisbare wonderlike Woord. Amen
 
Previous article: Plekke waar Jesus geloop het - 11 Mei 2026 Prev Next article: Sandale van verlossing - 7 Mei 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.