Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Sandale van verlossing - 7 Mei 2026

Imogen Campbell
 
Wanneer dit gegaan het oor lossingsreg en ruiltransaksies, was dít vroeër in Israel die gebruik om enige saak te bevestig: 'n Persoon moes sy sandaal uittrek en dit vir die ander party gee. Dit het dan in Israel as bekragtiging van die saak gegeld. Rut 4:7, 2020-vertaling
 
"I've been redeemed (I've been redeemed), by the blood of the Lamb … saved and sanctified I am.
All my sins are washed away, I've been redeemed. (Author anonymous)
 
[Ek is verlos (ek is verlos) deur die bloed van die Lam ... gered en geheilig is ek. Al my sonde is skoon gewas, ek is verlos.] (vrye vertaling)
 
Dit was skemer en die sakkende son het op die water geblink toe ek besluit het om Jesus te volg – geen omdraai nie. Jesus was Here en ek is gedoop. En volgens my kerktradisie is bogenoemde lied– "I've been redeemed" – 'n refrein wat dikwels in die kerk en na die doop gesing word.
 
Ek het nie toe alles verstaan nie. Ek glo dit neem tyd om werklik met Jesus te wandel ten einde die omvang van wat Hy gedoen het te begryp en ook hoe lief God ons het dat Hy soveel genade aan ons skenk. Maar wat het sandale en verlossing met mekaar te doen? Dit blyk redelik baie.
 
In Rut 4:7 is dit duidelik dat skoene heel simbolies was in die antieke wêreld. Indien die romanse tussen Boas en Rut vir jou bekend is uit die verhaal soos opgeteken in die boek Rut, mag jy miskien gelees het dat daar na Boas as 'n losser verwys word. Miskien selfs dat dit 'n beeld is wat na Christus self verwys. Dit verstom my.
 
Slegs toe ek verstaan het wat die beeld van die sandaal van verlossing beteken, het dit begin om tot my deur te dring. Deur hierdie gebruik het nabye manlike familielede grond teruggekoop wat voorheen aan die familie behoort het. Hulle sou ook met weduwees trou, indien dit sou beteken dat die losser daardeur familie-integriteit sou beskerm. Dit was letterlik 'n tweede kans.
 
Die toneel by die stadspoort wat in ons teks beskryf word, maak in die lig van bogenoemde sin. Volgens Rut 4:8 neem Boas die lossingsreg oor. Dit werp ook lig op Naomi, Rut se skoonma, se eienaardige manier wanneer sy hierdie lossingsproses inisieer deur vir Rut te sê dat sy een aand na die dorsvloer toe moet gaan, en wanneer Boas gaan lê sy voete oop moet maak en daar moet gaan lê. Naomi het geweet Boas sou weet wat om te doen.
 
In ons moderne konteks maak dit glad nie sin nie, maar dit is hoe dit eeue gelede gedoen is. Dit is 'n geval van jou voete die praatwerk laat doen, al is dit danook  in die styl van bybelse gebruike.
 
Gebed: Dankie dat U ons verlos het, Here. Ons loof U vir die werk van verlossing aan die kruis waar U die prys betaal het sodat ons vry van sonde en van die verwoesting van die dood kan wees, tot in ewigheid. Amen
 
Previous article: Jesus loop vandag steeds saam met ons - 8 Mei 2026 Prev Next article: Staan vas in 'n krisis - 6 Mei 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.