Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Psalm of vyf: Psalm 91 - 8 Oktober 2025

Charlea Grey
 
Wanneer iemand veilig wil wees by die Hoogste God, wanneer hy wil hê die Almagtige moet hom beskerm, dan sê hy vir die Here: “By U is ek veilig, U is vir my soos 'n veilige plek in die berge. My God, ek weet U sal my beskerm." Psalm 91:1-2, Bybel vir almal
 
Veiligheid. Is dit nie maar een van die mees basiese behoeftes wat ons het nie? Om veilig te voel by jou huis, in jou dorp of tussen jou vriende en familie.
 
Veiligheid, of om veilig te voel, is in vandag se tyd ongelukkig ook nie iets wat 'n mens as vanselfsprekend kan aanvaar nie – vir verskeie redes natuurlik. Ons leef immers in 'n gebroke wêreld. Dis nie aldag maklik om mense te vertrou nie en 'n mens is dikwels so blootgestel.
 
Veiligheid strek ook verder as net fisiese veiligheid. Soms het ons iemand nodig wat na ons sal luister, sonder om te oordeel. Net so is God ook die Een by wie ons veilig is as ons wil afpak oor die uitdagings van die lewe, die dinge waaroor ons bekommerd is en waarvoor ons bang is.
 
Ons is altyd veilig by God, maak nie saak wat die omstandighede is nie. As daar onsekerheid of vrees in jou gemoed is, draai na God en vra Hom om jou veilig te hou en glo dan, net soos die psalmdigter dat God jou sál beskerm.
 
Gebed: Here, dankie dat ek altyd veilig is by U. Hou u hand oor my en my geliefdes. Behoed en bewaar ons. Amen.
Previous article: Psalm of vyf: Psalm 46 - 9 Oktober 2025 Prev Next article: Psalm of vyf: Psalm 23 - 7 Oktober 2025 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.