Imogen Campbell 

Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel ... Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas ... Efesiërs 6:10-11,13-14, 1983-vertaling
 
Dit is baie duidelik dat daar 'n ernstige oorlog in die geestelike ryk aan die gang is. God het ons egter nie weerloos gelaat of sonder die vermoë om ons teen die vyand te verdedig nie.
 
Enigiemand wat al aangeval is, sal heel waarskynlik mense waarsku om nie onvoorbereid te wees nie. 'n Mens moet nie wag vir 'n aanval om eers plaas te vind voordat jy selfverdediging aanleer nie; dit kan dan te laat wees. Lewe en dood situasies verlang vinnige reaksie. Besluitloosheid en 'n onvermoë om dinge te hanteer, kan fataal wees.
 
Net so kan ons nie wag vir Satan om eers aan te val voordat ons die Bybel leer ken nie. Ons moet dit memoriseer en vashou aan die Woord – dit is hoe ons satande kan bly. Toe die Here Jesus in die woestyn beproef is, het Hy staande gebly deur uit die Skrif aan te haal. Satan het die wyk geneem en gewag vir 'n geskikte tyd om weer toe te slaan.
 
Maar min het Satan geweet dat op een van die donkerste dae in Jerusalem – trouens ongekende duisternis het daardie dag oor die land gekom – 'n nuwe bedeling sou aanbreek. Die duiwel het miskien gedink vir eens het hy die oorwinning behaal, maar in hierdie skaakspel het Jesus hom aan die kruis vermorsel. "Nadat Hy hierdeur die gesagvoerders en maghebbers ontwapen het, het Hy hulle in die openbaar tot skande gemaak toe Hy hulle in sy triomftog meegevoer het." (Kolossense 2:15, 2020-vertaling)
 
Ons dien 'n God wat oorwin het, Satan volkome weerstaan het en beloof het om vir ons te sorg. Die bloed van die Lam het ons vir altyd gered. Hy is ons goeie Herder wat sy afgedwaalde skape soek en hulle lei. Ons moet net vas staan op sy beloftes. In die woorde van Stuart Townsend en Keith Getty se moderne lied:
 
In Christ alone my hope is found,
He is my light, my strength, my song;
This Cornerstone, this solid ground,
Firm through the fiercest drought and storm.
 
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U u Seun gestuur het om 'n verskriklike dood te sterf sodat ons vry kan wees, en dankie dat in U ons tot in ewigheid oorwinning oor die dood en Satan behaal het. Dankie dat ons hoop in Christus is en help ons om selfs deur die grootste storms vas te bly staan. Amen