Imogen Campbell 

Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak. Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle 'n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. Genesis 37:3-4, 1983-vertaling
 
Jakob moes van beter geweet het om een seun voor te trek. 'n Mens sou dink dat na die uitwerking wat so 'n voortrekkery op sy eie lewe gehad het, hy meer as net 'n idee sou hê oor hoe vernietigend dit kan wees.
 
Josef is gehaat en deur sy broers verkoop as gevolg van hulle pa se spesiale verhouding met hom en omdat hy hom voorgetrek het. Josef het in 'n vreemde land beland waar hy 'n slaaf was en ook in die tronk beland het.
 
Begunstiging het 'n wig tussen Esau en Jakob ingedryf. Tog in Romeine 9:11-13 lees ons God sê: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” In hierdie geval was dit dus God wat uitgekies het. Lees ook Lukas 14:26: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe."
 
Noudat ons vasgestel het dat uitverkiesing nie dieselfde as begunstiging is nie, kom ons kyk daarna uit die hoek van om nie op dieselfde manier lief te hê of nie op die manier wat 'n mens sou hoop nie. In Genesis 29:31 lees ons: Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefhet nie, het die Here vir haar kinders gegee ..."
 
Jakob se eie gesinslewe was 'n gemors as gevolg van die stryd oor babas tussen Jakob se vrouens. Lea se gebrek aan die liefde van haar man, het haar so hartseer gemaak dat haar eerste drie seuns se name iets daarvan vertel.
 
Reuben, haar oudste se naam beteken: "Nou sal my man my liefhê". Toe Simeon gebore is, het sy gesê: “Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.” Toe Levi gebore is, het Lea gesê: “Na hierdie keer sal my man aan my gebind wees, want ek het nou al drie seuns vir hom in die wêreld gebring.”
 
Dit is geen wonder dat hierdie seuns geaffekteer is deur Jakob se liefde vir Josef, Ragel se seun, en so jaloers was op die lang kleed wat Jakob vir hom gegee het nie. Self die name van sommige van die seuns getuig daarvan dat Jakob hulle ma nie liefgehad het nie. 'n Mens kan maar net wonder of baie van die familietwis nie voorkom kon word as die manne van God aktief probeer het om nie een bo die ander voor te trek nie. Ek is so bly dat God ons almal ewe liefhet.
 
"Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is." (Handelinge 10:34-35)
 
Gebed: Hemelse Vader, dit is so maklik vir ons sondige mense om meer van sommiges te hou en ander seer te maak. Dikwels besef ons nie eens dat sulke gedrag ander skade aandoen nie. Wys asseblief vir ons wanneer ons so verkeerd optree en help ons om dit te beveg. Amen.