Imogen Campbell 

Wie 'n gat vir 'n ander grawe, val self daarin; die klippe wat hy gooi, sal na hom toe terugkom. Spreuke 26:27, 1983-vertaling
 
Skelmstreke wat die regte van die eersgeborene betref, het tot 'n treffende reeks gebeure in Jakob se lewe gelei. Dit het nie net die verloop van sy lewe bepaal nie, maar het ook tot ongekende hartseer gelei.
 
Eers het hy die geboortereg van sy ouer broer "gesteel", al het God dit tegnies vir hom gegee. Op baie dieselfde manier het Lea tyd gesteel saam met die man wat aan haar jonger suster beloof is, al was dit die gebruik dat die eersgeborene eerste trou. Nog 'n tegniese puntjie!
 
Jakob se karaktereienskap om ander te wil bedrieg, word baie duidelik toe hy beplan het om die onherroeplike seën van sy vader te verkry toe dié beplan het om dit verkeerdelik aan sy ouer broer te gee. Die ruil van klere om soos sy ouer broer aan te trek was hierby betrokke, alles om sy pa te mislei. Daar is ook bokvel gebruik sodat sy pa sou glo dit is Esau se harige hande.
 
"Toe vat Rebekka haar oudste seun Esau se beste klere wat sy by haar in die huis gehad het en trek dit vir haar jongste seun Jakob aan. Sy het die bokvelletjies om sy hande en om sy kaal nek vasgemaak en die lekkerny en die kos wat sy voorberei het, vir Jakob gegee. Hy het toe na sy pa toe ingegaan en gesê: “Pa!” (Genesis 27:15-18)
 
Rebekka het wel die kos voorberei, maar Jakob het vrywillig deel geword, durf ek dit sê, van haar ondeurdagte plan. In elke opsig het hy probeer om soos sy ouer broer te wees, wat natuurlik makliker gemaak is deur sy pa se swak sig. En hy het daarin geslaag om die seën van sy broer weg te neem en dit vir homself te kry.
 
Maar slim vang sy baas. Nadat hy sewe jaar vir sy geliefde Ragel gewerk het, het die tyd vir hulle huwelik aangebreek. Onverwags, op sy huweliksnag, bevind Jakob hom aan die ontvangkant van bedrog. Hierdie keer het die ouer suster voorgegee om die jonger een te wees. Dit was heel waarskynlik donker en sy oë het hom bedrieg.
 
Verder, tradisionele kos is voorberei, baie soos daardie dag toe hy sy broer bedrieg het en natuurlik was daar bruidsklere betrokke, hopelik nie bokvelle nie. Op een of ander manier het Lea die plek van sy geliefde vir haarself toegeëien, en so deel geword van haar pa se sluheid.
 
Uitoorlê! Jakob vind dat hy aan Laban verbind is en nou nog meer jare vir hom moet werk. Praat van familieprobleme en skoonouers wat inmeng. Jakob vind dat hy vasgevang is en soos die Rolling Stones se liedjie sê: " ... can't get no satisfaction". Ek dink julle sal met my saamstem slim het sy baas gevang.
 
Dit is vandag nog steeds 'n waarskuwing vir ons.
 
Gebed: Hemelse Vader, dankie vir die besondere lesse wat ons uit u Woord leer en wat ons help om slaggate in ons lewens te vermy. Amen