Imogen Campbell 

Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.’Eksodus 3:17, 1983-vertaling
 
My eerste poging om die Bybel deur te lees het reeds in Genesis, byna reg aan die begin, gesneuwel. Jare later het ek egter Bybelstudie saam met vriende gedoen en begin om die basiese te verstaan. Nie lank nie, en ek was gereed om te bely (Romeine 10:9) dat ek ook Jesus die Here van my lewe wou maak.
 
Die vreugde om meer oor die woord van God te leer en pogings om dit te bestudeer en te verstaan, het gou my nuuskierigheid aangewakker oor Israel, die volk van God, asook oor die gebruike van die tyd. En so het my soeke na 'n beter begrip van hierdie dinge begin.
 
Stadig maar seker het ek 'n fassinasie oor die land, Israel, begin ontwikkel. Gedurende die pandemie het ek 'n prediker teëgekom wat Israel reeds verskeie kere besoek het. Ek was in verwondering oor sy preke, wysheid, ens gebaseer op sy kennis van die land en sy mense.
 
Dit het letterlik 'n nuwe wêreld vir my oopgemaak. Ek hoop om eendag self dié land te besoek, maar intussen help Sergio en Rhoda, twee mense in Israel met 'n YouTube-kanaal my met bybelse argeologie en 'n beter insig in Israel. Dit laat my toe om die land te verken wat Jesus Christus gekies het om Homself en God se planne aan die wêreld te openbaar. https://www.youtube.com/@SnR
 
Wat 'n plek is dit nie: dit is die tuiste van die Dooie See, die laagste punt op aarde, terwyl daar 'n ooreenkoms is tussen die anderwêreldse Rooi Canyon en volgens wat ons weet, hoe die planeet Mars lyk. Die ongelooflike fort by Masada is 'n vesting wat 'n mens na jou asem laat snak. Lewende geskiedenis.
 
Die Negev-woestyn bedek meer as die helfte van Israel se grondgebied. Dit kom dus as 'n verrassing om te hoor dat hulle tonne blomme, verskillende tipes tropiese vrugte en baie meer uitvoer.
 
Ter wille van konteks, Suid-Afrika is ongeveer 56 keer groter as Israel. Ondanks Israel se grootte en die feit dat dit semi-woestyn is, beleef hulle rykdom en voorspoed. God het hierdie land beskryf as een wat oorloop van melk en heuning, en ons loof Hom dat dit vandag inderdaad steeds die geval is.
 
Gebed: Dankie Here, dat u Woord waar is en dat die geskiedenis wat vir ons opgeteken is, die beginsels van ons geloof versterk. Ons is so dankbaar. Amen