Hennie Symington

En jy, Bethlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ʼn leier voortkom wat vir my volk Israel ʼn herder sal wees.  Matteus 2:6

Matteus se weergawe van die geboorte van Christus was miskien nie die mees ontroerende, of selfs die eerste evangelie wat geskryf is nie, maar Matteus, meer as enige van die ander evangelieskrywers begin waar die Ou Testamentskrywers geёindig het. Maleagi eindig met die belofte van ʼn redder wat sou kom, terwyl Matteus sy evangelie begin deur te verklaar dat die beloftes van eeue te vore vervul is met nie minder nie as 57 Ou Testament-aanhalings om dit te staaf. Van daaraf kon die mensdom voortbeweeg sonder om pal terug te val op die verlede.

Hoekom gaan hy tot hierdie uiterstes om die lesers te oortuig dat Jesus die Messias is? Dis amper asof Matteus doodseker wou maak dat daar by die lesers geen twyfel moes wees dat Jesus inderdaad die Messias is nie. Met goeie rede: Jesus was nie wat die mense verwag het hy sou wees nie. Die Jode het gehoop vir iemand soos Dawid wat die die glans en glorie van Israel met mag en mening sou herstel. In plaas daarvan kry hulle ʼn pasifis. Hulle het gehoop vir ʼn impakspeler wat ʼn verskil sou kon maak en die status quo sou omverwerp. Hulle het gedroom van ʼn nuwe koninkryk maar al wat hulle kry is die belofte op ʼn koninkryk wat niemand kon sien nie. Dit plaas hulle in ʼn totaal nuwe posisie waar nie net die spelreёls verander nie, maar die doelpale ook verskuif is.

Al wat hierdie vroeё evangelieskrywers gehad het om op staat te maak om mense te oortuig was profesieё wat vervul is (Matteus het ten minste een van Jesus se voorspellings, die vernietiging van die tempel in 70 nC beleef), asook geїnspireerde lering en wonderwerke om die Jode en ander te oortuig dat Christus die “Son van redding” en die een “met genesing in sy strale” was (Maleagi 4:2).

Vandag is die vraag aan ons egter: Wie is Jesus vir jou? Is hy slegs die hulpelose kind in ʼn krip, of die spelbreker, die Een wat nuwe lewe bring waar daar voorheen slegs woestyn was? In die jaar 2020 na Christus laat ons hulde bring aan Christus as die Messias, die Redder van die mensdom.

Gebed: Here, mense het nie mooi verstaan toe U as kind of die lydende kneg aarde toe gekom het nie. En ons kry dit steeds nie reg om te verstaan nie. Tog kan ons nie anders nie as om u geboorte te vier om ons ʼn voorsmaak te gee van die Heerlikheid wat reeds teenwoordig is onder ons. Amen.