Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 3 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 23: HOEVEEL SUIKER IS IN JOU KOFFIE?

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bacchus, die Griekse mitologiese god van wyn. Mammon, die god van geldgierigheid. En ’n koppie koffie. Wat het hierdie drie dinge in gemeen?

Kom ons begin by die koppie koffie. Het jy al opgelet hoe maklik dit is om gewoond te raak aan daardie tikkie “ekstra soet” in jou koffie? As jy byvoorbeeld gewoond is om net een teelepel suiker in jou koffie te drink en iemand bring vir ’n paar oggende vir jou koffie met twee lepels suiker in, gaan jy gou gewoond raak aan die soeter smaak. Só gaan koffie met een teelepel suiker oor ’n tyd vir jou begin bitter proe.

Dieselfde geld vir ons geldsake. Ons is tevrede met ’n bepaalde inkomste – net totdat ons ’n verhoging “proe”. As ons nie ons harte bewaar nie, slaan “Mammon” sy kloue daarin terwyl hy ons met geldgierigheid probeer verlei (1 Timoteus 6:10). Hoe doen hy dit? Hy laat ons hunker na ’n beter motor, ’n groter huis, mooier klere en vele ander plesiere terwyl ons vergeet om dankbaar te wees vir wat ons wel het.

Net so is “Bacchus” as dit by verslawing kom. Aanvanklik is ons tevrede met een glas wyn per aand – net totdat ons gewoond begin raak aan die vier of vyf glase wyn per dag. Skielik is dit moeilik om terug te gaan na die een glas wyn terwyl die vyand ’n al groter houvas op ons lewens kry.

Dít is die vyand se strategie. Hy gebruik die “soetighede” van die wêreld om ons dieper in sy web in te trek. Het jy onlangs voor sy aanval geswig? Is jy dalk vandag betrokke by ’n buite-egtelike verhouding? Het jy ’n verslawing in jou lewe wat vir jou belangriker as God geword het? Of het jy toegelaat dat geldgierigheid jou lewe en denke oorneem?

Luister weer na die Psalmdigter se woorde in Psalm 141:4: “Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge, dat ek nie in sonde verval saam met manne wat onreg doen nie, en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.”

Kom ons vra God om ons gedagtes daagliks nuut te maak sodat ons Hom sal eer met elke besluit in ons lewens. Waar die vyand se soetighede vergaan, bly God se glorie immers tot in ewigheid staan. Kom ons kies Hom vandag. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U my in staat stel om “nee” te sê vir die vyand se aanvalle! Help my dit vooraf te identifiseer en daarvan weg te stap. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

  • PRAATJIE:

  • Benescke tree op as spreker by:

  • Dinsdag, 9 Augustus 2011: By die Logos Kerksaal in Bellville. Kontakpersoon: Mari van Eeden by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

 

 

Previous article: Vers n dag - 4 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 2 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.