Vers n dag - 4 Augustus 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms
DAG 24: WATTER EMOSIE ERVAAR JY VANDAG?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Frustrasie. Vrees. Woede. Onsekerheid. Opgewondenheid. Geluk.
Hierdie is enkele van Dawid se emosies wat in die Psalms na vore kom. By tye het hy in verwondering voor God se grootheid gestaan. Ander kere was hy woedend vir sy vyande en het hy God gesmeek om hulle tande uit te ruk. En nog ander kere moes Dawid homself in die dal van doodskaduwee herinner dat God ons Herder is en dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek sal nie.
Wat doen jy as ’n warboel van emosies dreig om jou te oorweldig? Raak jy paniekerig of keer jy terug na God se Woord? Luister gerus weer na dié bemoediging in die Psalms:
Ons sê: “Ek is bang.”
God se Woord sê: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig” (Psalm 23:4).
Ons sê: “Ek voel depressief”.
God se Woord sê: “Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer ’n lied sing om Hom te prys. Hy is naby, Hy sal my red, Hy is my God (Psalm 43:5, Die Bybel vir Almal hersiening).
Ons sê: “My hart is seer en ek voel alleen.”
God se Woord sê: “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.” (Psalm 34:18-19, 1953-hersiening).
Ons sê: “Ek benodig wysheid.”
God se Woord sê: “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad” (Psalm 119:105, 1953-hersiening).
Ons sê: “Ek kan van opgewondenheid en vreugde bars.”
God se Woord sê: “Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! . . . Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” (Psalm 150:1,2,6, 1953-hersiening).
Skryf gerus die teksverse neer en dra dit in jou sak. As die vyand weer kom om jou met negatiewe gedagtes aan te val, kan jy die papiertjie uithaal en net soos Jesus in die woestyn, die vyand herinner: “Satan, daar staan geskryf. . .” Onthou, God se beloftes staan vas en as Hy beloof om ons nooit te verlaat of in die steek te laat nie, is dit presies wat Hy bedoel. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat u Woord en beloftes vasstaan. Help my om in elke moeilike seisoen my hoop daar te gaan vind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
PRAATJIE:
-
Benescke tree op as spreker by:
-
Dinsdag, 9 Augustus 2011: By die Logos Kerksaal in Bellville. Kontakpersoon: Mari van Eeden by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus