Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 2 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 22: GOD KAN JOU VERGEWE

Deur Benescke Janse van Rensburg

[Agtergrond: Ná gister se stukkie van die Arabier en sy kameel in die woestyn, het ’n klomp lesers e-posse gestuur en vertel dat hulle skielik hulle eie “kamele” in hulle lewens geïdentifiseer het. Verskeie lesers het hierdie vraag gevra: “Benescke, hoe gemaak as ek my ‘kameel’ identifiseer het, maar sukkel om myself te vergewe vir iets wat ek in die verlede gedoen het?”]

Ek hoor onlangs van ’n vrou wat vir amper ’n uur lank gesukkel het om in die bank in te kom. Nie omdat die ry so lank was nie. Bloot omdat die hele sisteem gevries het die oomblik toe sy die eerste glasdeur agter haar toegemaak het. Die tegnikus het hard gewerk en na ’n uur was die vrou uit die glasboks bevry en kon sy in die bank instap.

Die meeste banke het deesdae twee veiligheidsdeure. Om deur die tweede glasdeur tot binne die bank te vorder, is dit noodsaaklik dat jy die eerste deur agter jou toemaak. In ons lewens geld hierdie beginsel ook.

Voordat God aan jou die regte lewensmaat kan stuur moet jy eers die verkeerde verhouding beëindig. Voordat Hy jou met deurbraak op deurbraak in jou werksplek kan seën, moet jy soms eers leer om “nee” te sê vir daardie transaksies waar jy iets van jou integriteit moet prysgee. En voordat jy die voluit van God se genade en vergifnis in jou lewe kan ervaar moet jy jouself soms eers herinner aan God se vermoë om jou te vergewe en van jou sondes te vergeet.

Luister weer na die Psalmdigter, Dawid se woorde in Psalm 103:12: “So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.”

Wanneer jy jou sondes voor God bely en waarlik daaroor berou het en kies om daarvan weg te stap, vergewe Hy jou en Hy dink nie weer daaraan nie. Wanneer jy dan kies om jouself (en God) konstant daaraan te herinner, word jy soos die vrou wat in die glasboks voor die bank vasgesluit staan.

Wil jy nie ook vandag die deur van die verlede agter jou toemaak, jouself vergewe en toelaat dat God die deur van ’n wonderlike toekoms voor jou oopmaak nie? Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U my volkome vir my sonde kan vergewe. Help my om die verlede agter te laat terwyl ek ’n blink toekoms saam met U tegemoet stap. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

  • PRAATJIE:

  • Benescke tree op as spreker by:

  • Dinsdag, 9 Augustus 2011: By die Logos Kerksaal in Bellville. Kontakpersoon: Mari van Eeden by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 3 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 1 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.