Vers n dag - 21 Julie 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms.
DAG 14: GOD BLY IN BEHEER
Deur Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: Soms gebruik God situasies wat vir ons na ’n krisis lyk om ons eintlik te beskerm. Dít is wat Elaine Louw, ’n leser van Windhoek, Namibië vroeër die jaar beleef het. Hier is ’n uittreksel uit haar e-pos aan my:]
Elaine: “Twee weke voordat ek in Maart vanjaar met ’n keisersnee geboorte sou skenk, het ek my ginekoloog besoek. Alles het op die oog af reg gelyk. ’n Dag later was ek en my man, Vernon op die pad êrens heen toe een van die motoriste in die reënbui op die nat pad gly en van agter in ons vasgery. Dit was nie ’n ernstige ongeluk nie, maar die brandweer se ambulans was gou op die toneel om my hospitaal toe te neem. Ek het hulle weg gewys en gesê dat ek self vir ’n ondersoek na my dokter sal gaan.
“By die hospitaal het die gewone ondersoek in ’n noodkeisersnee ontaard aangesien ons ongebore baba se hartjie oneweredig geklop het. Aangesien ons pragtige dogtertjie vroeg gebore is en effens asemhalingsprobleme gehad het, is sy onmiddellik na die neonatale waakeenheid oorgeplaas.
“Die volgende oggend het die dokter vir ons gesê om God vir die ongeluk kan dank. Met sy ondersoek die dag vantevore, was dit nie duidelik op die sonar dat die naelstring styf om ons baba se nekkie gedraai het. As ons ’n week langer gewag het, sou sy heel moontlik doodgebore geword het. Die ongeluk het dus haar lewe gered!
“Vandag is Chanlin amper vyf maande oud en haar pediater is baie in sy skik met haar ontwikkeling. Sy het geen agterstand nie en weeg al 6.3 kg. Al die eer kom aan God toe vir hierdie wonderwerk!”
Elaine is reg. God bly in beheer van elke situasie en Hy stuur sy engele om ons op te pas en te beskerm en ons selfs hospitaal toe te stuur as dit ’n ongebore baba se lewe gaan red. In Psalm 91:9-11 lees ons: “Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.”
Gaan jy vandag deur ’n krisis? Weet dat God ook in beheer bly van jou lewe en die situasie waarin jy verkeer. Vertrou Hom dus om dit ook vir jou ten goede te laat meewerk. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U steeds in beheer bly van elke situasie. Help my om op U te bly vertrou met die wete dat U ook in my lewe alles ten goede kan laat meewerk. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Sien foto’s van die familie op die STORIES VAN HOOP bladsy op die sosiale netwerk, Fbook.
**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
PRAATJIE:
-
Saterdag, 30 Julie 2011: Benescke tree op as spreker by die Sprankel-Vrouekonferensie by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus