Vers n dag - 22 Julie 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms.
DAG 15: MAAK JY GOD DEEL VAN HOOGTEPUNT TYE?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Wat is jou reaksie wanneer jy goeie nuus kry? Met wie sal jy dit eerste deel? Sal jy ooit met God daaroor gesels?
In 2008 het John Carpenter aan die Amerikaanse weergawe van Who wants to be a millionaire deelgeneem. In dié televisieprogram beantwoord deelnemers multikeuse algemene kennis vrae wat hulle met elke korrekte antwoord ’n stappie nader aan die id="mce_marker" miljoen prysgeld bring. Die risiko wat die deelnemer neem om aan te hou speel as ’n hoë bedrag bereik is, is dat hy of sy met ’n verkeerde antwoord ’n groot deel van die geld kan verloor. Elke speler kry ook drie lewenslyne: Hulle kan die gehoor vir hulp vra, ’n vriend bel vir die antwoord of 50/50 gaan waarin twee van die vier multikeuse antwoorde weggeneem word.
Tydens die episode waaraan John deelgeneem het, het hy die eerste deelnemer geword om tot en met die $500,000 merk te vorder sonder om enige van sy lewenslyne te gebruik. Hy het een vraag oorgehad om die id="mce_marker" miljoen te wen. As hy die vraag verkeerd sou kry, sou hy meer as die helfte van die geld verloor. Die spanning in die gehoor was tasbaar toe die aanbieder die finale vraag stel en John aandui dat hy sy “Bel ’n vriend”-lewenslyn wil gebruik om sy pa te bel.
Toe sy pa aan die ander kant antwoord het John 30 sekondes gehad om aan sy pa die vraag te stel en te hoop vir ’n korrekte antwoord. Maar hier het die interessante wending gekom. In stede daarvan om sy pa vir ’n antwoord te vra, het hy gesê: “Pa, ek het nie regtig jou hulp nodig nie, maar ek wou jou eerste laat weet dat ek die miljoen dollar gaan wen.” Hierna het John die korrekte antwoord gegee om met id="mce_marker" miljoen weg te stap.
God is ons Pa. En al weet Hy, anders as John se pa, reeds lank vooraf van elke deurbraak wat op pad is in ons lewens, begeer Hy steeds dat ons soos John die goeie nuus eerste met Hom sal deel. Luister weer na Dawid se woorde in Psalm 139:17-18: “Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.”
God het goeie planne vir jou lewe. Kom ons kies saam om van vandag af ’n punt te maak om nie net met ons uitdagings na ons Pa te hardloop nie, maar ook die goeie, gelukkige tye eerste met Hom te deel! Sterkte.
Vader God, baie dankie vir elke deurbraak wat ek uit U hand ontvang. Lei my deur u Heilige Gees om daagliks iets meer van u karakter te verstaan. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Kyk die videogreep op YouTube hier: http://www.youtube.com/watch?v=GdNd7bRCytU&feature=related
**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
PRAATJIE:
-
Saterdag, 30 Julie 2011: Benescke tree op as spreker by die Sprankel-Vrouekonferensie by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus