Vers n dag - 20 Julie 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms.
DAG 13: Laat jou lewe aan Hom oor (Psalm 37:5)
Deur Benescke Janse van Rensburg
’n Ysblokkie wat smelt. ’n Doodloopstraat. ’n Uurglas wat leegloop. ’n Tikkende tydbom.
As jy eerlik moet wees, beskryf hierdie vergelykings nogal goed hoe jy vandag binne jou voel. Jou hoop is besig om stadig weg te sypel. Dalk het jy onlangs jou werk verloor. Dalk het jy ’n miskraam gehad. Dalk is jy met ’n gevreesde siekte gediagnoseer. Dalk is die bank op pad om jou kar of huis te kom terugvat. Of dalk het jy net ’n aaklige baas en jy weet nie hoe jy deur hierdie dag gaan kom nie.
Dit is tyd om vir weer die woorde in Psalm 37:4-5 te lees: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”
Lees weer die vers. Bêre die belofte in jou hart en vertrou God vir jou uitkoms. Ek kan jou waarborg, Hy gaan jou nie net deurdra nie. Hy gaan jou sterker aan die anderkant uitbring – en met ’n storie waarmee jy diegene rondom jou se lewens kan inspireer. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U presies weet wat in my lewe aangaan. Ek plaas (wat ook al jou hindernis is) vandag voor u troon neer. Neem dit oor en laat u wil in my lewe geskied. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
PRAATJIE:
-
Saterdag, 30 Julie 2011: Benescke tree op as spreker by die Sprankel-Vrouekonferensie by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus