Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 12 Julie 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 7: VIND JOU IDENTITEIT IN GOD

Deur Benescke Janse van Rensburg

Die geheim is uit. Drie van die vyand se kern aanvalstegnieke is ontbloot. En dit? Eerstens, hy herinner jou wie jy nie is nie; tweedens, hy herinner jou aan wat jy nie het nie; en derdens, hy herinner jou aan wat jy nie kan doen nie.

Sodra ons in die vyand se strik trap, begin vergelyk ons onsself met ’n kollega, ’n buurman of ’n vriend of vriendin. Ons bewonder dalk ’n kollega se vermoë om voor mense te praat, ’n vriendin se nuwe motor of groot huis of ons aartsvyand in die kantoor se vermoë om met kreatiewe idees vorendag te kom. In die proses fokus ons soveel op ander se goeie punte dat ons, ons eie uniekheid en vermoëns miskyk (en ook die ander persoon se swakpunte), terwyl ons die vyand toelaat om ons minderwaardig teenoor ’n ander te laat voel.

In Psalm 139 herinner die Psalmdigter ons dat ons elkeen uniek geskape is. Luister maar weer na die woorde in Psalm 139:1-3,13-15: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. . . U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. . . U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!”

God het jou uniek geskape. Hy het bepaal wie jy is, wat jy het en waartoe jy is staat is. Begin leef dus in dankbaarheid teenoor Hom vir jou uniekheid. Kort voor lank mag jy dalk verbaas staan oor die selfvertroue en rustigheid wat jou hart vul waar jy voorheen onrustig gestreef het om soos iemand anders te wees. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U my uniek saamgeweef het. Help my asseblief om my uniekheid voor U uit te leef – eerder as om myself met diegene rondom my te probeer vergelyk. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

  • PRAATJIE:

  • Benescke tree op as spreker op Saterdag, 30 Julie 2011 by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 13 Julie 2011 Prev Next article: Vers n dag - 11 Julie 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.