Vers n dag - 11 Julie 2011
Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms
DAG 6: WATTER SPORE LAAT JY AGTER?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Een koue aand moes ’n dokter die sneeuvlae trotseer om by ’n pasiënt uit te kom wat teen ’n berghang gewoon het. Hy was ’n hele ent weg van die huis en al sukkelend om nie op die smal bergpaadjie te gly nie, toe die wind vir ’n paar oomblikke minder fel woed. Meteens het hy ’n fyn stemmetjie hoor roep: “Pappa, loop versigting. Ek kom saam en ek trap in Pappa se spore.” Dit was sy jong seun wat hom gevolg het.
In ons lewens laat ons ook spore waar ons gaan – en onwetend word ons dopgehou en soms gevolg. As ouer laat jy spore vir jou kinders, in die werkplek laat jy spore vir jou kollegas en in die gemeenskap waarin jy woon, laat jy spore vir diegene rondom jou. Hierdie spore sal veroorsaak dat mense ’n verhouding met jou God begeer of dat hulle afgesit word en dit nooit oorweeg nie.
Maar hoe kan ons verseker dat ons die regte spore agterlaat? Dit begin wanneer ons God vra om ons daagliks deur sy Heilige Gees te lei. In Psalm 32:8 lees ons immers God se woorde: “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.”
God hou sy oog op ons. Hy wil ons voetstappe rig en ons help om die regte eindbestemming te bereik. Maar meer as dit, Hy wil ons gebruik om spore van liefde en omgee in die mense rondom ons se lewens te laat sodat hulle nader aan God beweeg. Gaan jy hierdie week ’n beskikbare instrument vir Hom wees?
Vader God, baie dankie dat U my daagliks dophou en beskerm. Lei my asseblief om doelbewus in liefde teenoor my naaste op te tree sodat ek iets van U aan hulle kan oordra. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription. -
MOTIVERINGPRAATJIES:
-
Benescke tree op as spreker op Saterdag, 30 Julie 2011 by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 9196448.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus