Vers n dag - 1 Junie 2011
My Gewete:
Carina Francke
Skriflesing
Romeine 13:5 (OV)
“Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.â€
1 Johannes 3:20,21 (NAV):
20“As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.†21“Geliefdes as ons gewete ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid om na God te gaan.â€
1Tim 1:19 (NAV)
“Hou vas aan die geloof en behou ’n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderduk het, het hulle geloof skipbreuk gely.â€
Een van die verklarings vir ‘gewete’ is die selfkennis of die oordeel van reg en verkeerd in alles wat ons doen. Ons verwys dikwels na die gewete as daardie “stemmetjie†wat ’n vraagteken plaas oor ons optrede, besluite of selfs denke. Dit wil dus voorkom of die gewete soos ’n regter is wat uitspraak gee oor al ons doen en late.
AD Sterner vergelyk ons gewete met ’n opsporing brandalarmstelsel wat deur ’n ingeboude skakelaar geaktiveer word met ’n ligstraal. So lank as wat lig ononderbroke deur die stelsel vloei, is hy tjoepstil. Maar die oomblik as ’n insek, rook of klammigheid die ligstraal breek, gaan die alarm aan’t skree.
Die gewete as regter in die gelowige se lewe is egter meer as net ’n ‘stemmetjie’ of ’n ‘alarmstelsel’ wat begin skree sodra gevaar dreig. Dit is dié deel van ons lewe wat deur die Lig van die Heilige Gees van God aangeskakel word om te verseker dat ons ’n goeie gewete voor Hom behou, maar wat ook alarm maak wanneer ons die straal breek deur ons gewete te onderdruk.
As Romeine 13:5 ons vermaan om ons aan die owerheid te onderwerp, wil dit ’n beginsel by ons tuisbring: as ons onsself onderwerp moet die hoofrede nie wees om straf vry te spring nie, maar om die gewete gehoorsaam te wees.  Waarom? Omdat God alles weet, omdat ons andersins nie met vrymoedigheid na God kan gaan nie en omdat die onderdrukking van ons gewete ons geloof kan laat skipbreuk ly.
Geen wonder nie dat die Woord so duidelik is oor die aard van ons gewete: dit moet rein,opreg en goed wees, dit moet deur die Heilige Gees gelei word.
Gebed: Hemelse Vader, stel my in staat om altyd ’n rein gewete voor U te behou en om met elke besluit, elke saak, elke transaksie en elke woord uit my mond te kan sê: “Die Heilige Gees en ek(my gewete) het besluit.†Amen.