Vers n dag - 31 Maart 2011
Wanneer jy oortollig verklaar word
Johann Symington
Skriflesing
Filip 4:4-13
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes aan God bekend. (v6)
Daar kom ‘n tyd in baie van ons se lewens wanneer jy of iemand naby aan jou oorbodig verklaar word – nie net omdat daar nie meer ‘n plek vir vir jou by die maatskappy is nie, maar ook omdat jy moontlik nie bygebly het met die snelle groei in die werkplek nie. Wie weet?
“Ek het my beste jare vir my maatskappy gegee, en nou is daar nie meer plek vir my nie. Ek is die prooi van omstandighede,†is die klaaglied van menigeen wat hierdie pad moes loop. Jy voel jy of die persoon naby aan jou het dit nie verdien nie. En dis seker waar. Jy is tog nie verantwoordelik vir die regstellende aksie, die sluiting van die maatskappy of afskaling wat maak dat jy jou nou in ‘n magtelose situasie bevind nie. Maar beteken dit nou dat jy ook van God verlaat is?
God dink nie so oor jou en jou omstandighede nie. Vir hom is jou verleentheid ‘n geleentheid om sy troue liefde en sorg, sy mag en genade te demonstreer. Daarom adviseer Paulus die gelowiges van Filippi om nie toe te gee aan neerslagtigheid en moedeloosheid nie. God is altyd daar en Hy kan red.
Deel jou verleentheid met hom. Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee. In hom is daar veel meer as net hoop op uitkoms – jou toekoms lê in sy hand.
Gebed
Here, ek voel so oorbodig en nutteloos. Help my om my veranderde omstandighede te sien as ‘n geleentheid om nuwe moontlikhede in myself te ontdek en ook as ‘n geleentheid om U te vertrou.
Â
Â