Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 30 Maart 2011

Werk – ‘n noodsaaklike euwel?

Johann Symington

Skriflesing

Psalm 128:1,2

Dit gaan goed met elkeen

wat die Here dien

en sy wil doen.

2 Die vrug van jou arbeid sal jy geniet,

gelukkig en voorspoedig sal jy wees.

Ons ken die ou grappie van: ek is mal oor werk,  ek kan heel dag daarna kyk. Dit is presies hoe baie van ons oor werk voel. Ons wil nie eintlik gebonde wees aan een of ander werk nie. Ons droom die dae om tot die naweek en die vakanse of ons aftrede. Ons werk is baiekeer net vir ons ‘n noodsaaklike euwel wat ek moet verduur sodat ek my eintlike passie of stokperdjie kan uitleef.

DieBybel egter dink weer aan werk as uiters sinvol en belangrik. Werk stel ‘n mens immers in staat om prakties by te dra tot die heil van de wêreld. Met ons werk voeg ons waarde toe aan ons lewe. Dit laat ons die vrug van ons arbeid geniet.

Ons werk stel ons in staat om te voorsien in ons daaglikse behoeftes. Wat is swaarder as om nie vir jouself en die wat van jou afhanklik is, te kan voorsien nie? Dink maar aan die roerende verhale wat daagliks vertel word van duisende talle mense wat sonder werk sit en nie vir hulle geliefdes kan sorg nie. Dit herinner ons om selfs nog meer dankbaar te wees dat ons werk het.

Werk stel jou in staat om jou talente maksimaal te benut. As ek in die regte beroep is en my potensiaal word reg ontwikkel, sal ek verseker bevrediging uit my werk kry. Dan word my salaris bysaak. Dan sien ek my werk as my bydrae tot die heling van ‘n sondige wêreld. “Enigiets wat bydra om die nagevolge van die sonde te oorkom, is deel van God se verlossingsplan,” het ‘n teoloog op ‘n keer gesê. Dis baie waar van sinvolle werk. As die vernaamste rede vir ons bestaan op aarde is om God te eer, bied ons werk ‘n wonderlike geleentheid om ons tyd, energie en kennis kreatief in sy koninkryk in te span.

Help my om leuse te maak: Ek werk vir God se firma, maak nie saak waar ek werk nie.

Previous article: Vers n dag - 31 Maart 2011 Prev Next article: Vers n dag - 29 Maart 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.