Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 1 April 2011

Hou koers!

Johann Symington

Skriflesing

1 Kor 9:26-27

Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. 27 Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

‘n Sekere filosoof het eenkeer gesê: Daar is net een ding waarvan ons seker kan wees, en dit is dat niks seker is nie. Verandering is so seker soos dood en belasting. Maar verandering hoef jou nie noodwendig uit te boul of van koers af te gooi nie.

Paulus se lewe is vir ons ‘n les. Al word sy planne omvergewerp, bly hy op koers. Hy word dikwels verhinder om sy taak uit te voer: hy word vervolg, word in die tronk gegooi of sy skip sink. Maar hy leef strategies met sy kompas in die hand in die een hand en die barometer in die ander. As hy by die Jode is som hy die omstandighede op en skik hom daarna; by die Grieke som hy die situasie weer op en beweeg vorentoe.

Hy hou sy opsies oop, laat ruimte vir terugvoering, lees die situasie en beplan die beste roete na sy doelwit toe. Hoe kry hy dit reg?

Omdat hy weet waarheen hy op pad is, mors hy nie energie soos ‘n bokser wat in die lug rondslaan nie. Wanneer sy koers bepaal is, bly hy op koers en bestuur sy opsies doelgerig.

Verandering en die dwarsboming van planne hoef jou nie te ontspoor nie; dit kan jou eerder aanspoor tot meer doelgerigte aksie. Dank God vir iemand soos Paulus wat ons gewys het hoe om dit te doen.

Gebed

Here, help my om soos Paulus verandering te antisipeer en baas te raak. Help my om deur onverwagte en dikwels ongewensde koersveranderings koers te hou deur my oog te hou op die einddoel

 

 

Previous article: Vers n dag - 4 April 2011 Prev Next article: Vers n dag - 31 Maart 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.