Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 25 Maart 2011

Wat het werk met geloof te make?

Johann Symington

Skriflesing

Kol. 3:23-24

Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

‘n Bekende spreker gee nou die dag ‘n klomp lesings  oor uitmuntendheid in die werkplek en verwys na ‘n  bekende reeks boeke (In search of Excellence en A Passion for excellence) oor Christelike bestuursbeginsels sonder om een keer na die Here te verwys. Wat het het godsdiens  in ieder geval met arbeid te make? Werk is tog sekerlik ‘n “wêreldse” aktiwiteit wat streng geskei is van jou persoonlike lewe en daarom jou geloof. Dit  het met jou kollegas niks uit te waai of jy ‘n gelowige is of nie, of hoe?

Dis natuurlik nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat wel waar is, is dat ons nie eintlik geleer het dat ons werkplek vir God belangrik is nie. Omdat ons nie dikwels dink oor die verband tussen godsdiens en ons daaglikse werk nie, het  ons werk in ‘n suiwer sekulêre sin begin sien. Werk is vir die meeste van ons slegs die plek waar ons moet wees sodat ons vir ons afhanklikes brood op die tafel kan sit.

Baie mense sien werk ook as ‘n noodsaaklike euwel, ‘n plek waarheen die Here ons na die sondeval verban het om te sweet vir elke  pennie of sent wat ons huis toe bring. Daarom beskou hulle die bestuurslui as onheilig en werksetiek as uitbuiting. Die werkplek word dus nie gesien as die plek waar jy jou beste voetjie voorsit nie. So gebeur dit dat mense hulle Christelike belydenis en Christelike maniere tuis bêre en net oor naweke uithaal wanneer hulle kerk toe gaan. Of sulke beskouings bybels geregverdig is, weet ek nie. Of dalk lees ek die Bybel ‘n bietjie anders. Ek dink nie God sien die werkplek net teenoor sy koninkrykswerk nie. Daar is wel spanning tussen die twee, maar ook in die arbeidsmark moet God se Naam geheilig word.

Gebed: Here, help my om te onthou: of ek nou by die huis is of by die werk is – albei is ‘n oefenskool vir heiligmaking.

 

Previous article: Vers n dag - 28 Maart 2011 Prev Next article: Vers n dag - 24 Maart 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.