Vers n dag - 22 Maart 2011
Brief aan Paulus
Johann Symington
Skrifgedeelte:
1 Kor 13:6-6
4 Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik;
dit is nie afgunstig nie,
is nie grootpraterig nie,
is nie verwaand nie.
5 Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie,
hou nie boek van die kwaad nie.
6 Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom
oor die waarheid.
‘n Ou sit een aand in ‘n kroeg en toe hy Toe die een ou al lekker geolie was, kom daar so ‘n jong lat langs hom sit.
“Wat is jou naam , Boet?†vra hy toe.
“Paulus, Oom,†antwoord die ou.
Na ‘n lang stilte sê meneer Goedgeolie: “Sê my Paulus, het die Korintiërs toe ooit op jou briewe geantwoord?â€
Nie wat ons van weet nie. Maar niks verhinder ons om wel met Paulus in gesprek te tree nie. Vandaar die brief:
Liewe Paulus,
Jy het so in die middel van jou loopbaan bane gekruis en deel geword van ‘n effens obskure Paasbeweging. Dis natuurlik vandag ‘n wêreldgodsdiens en oor die 70% van alle Suid-Afrikaners behoort daaraan en selfs die wat nie daaraan behoort nie lees graag van dit wat jy geskryf het veral as dit oor die ordening van ‘n huwelik in die gemeenskap gaan. Jy praat in jou briewe so mooi oor die liefde wat lankmoedig is, nie kwaad met kwaad vergeld nie, nie grootpraat of boekhou van die kwaad nie.
Verskoon my as my siniese kant deurslaan maar dit klink vir my ‘n bietjie dik vir ‘n daalder want in die praktyk word daar ‘n ander taal gepraat. Kyk maar net na getroudes. Omtrent almal van ons sweef op Mendelssohn die kerk binne en raak getroud op jou eerste brief aan die Korintiërs, hoofstuk 13. Maar boeta, die wittebrood is kwalik verby dan waai die hoofstuk oor die liefde by die deur uit. Natuurlik glo ons “die liefde is geduldig†maar sogenaamde geliefdes kan brutaal ongeduldig met mekaar wees. Natuurlik is “die liefde nie jaloers nie†maar die een word telkens deur die ander een met ‘n valkoog dopgehou. Een kykie te veel en die groen perd saal op vir oorlog. Natuurlik is “die liefde nie ongeskik nie†maar na tien jaar verdwyn al daardie hoflikhede van hofmakery en word die deur nie meer oopgemaak of die pakkies gedra nie. Die woorde word nie meer getel en die optredes nie meer geweeg nie om nie eens te praat van die boekhouery van die kwaad nie. Ons het mekaar sogenaamd vergewe maar dit nooit uit ons boekhouboek gevee nie. Ag my liewe Paulus, as dit so gaan by mense wat lief is vir mekaar hoe wil jy hê moet dit in die breër gemeenskap werk? .
Wat sê jy? Moet ons nie maar terugkeer na die Weg, die Waarheid en die Lewe toe as ons die Paasson op ons wil sien deurbreek nie? Ek wonder net of ons nog weet waar die weg en die waarheid begin?
Dankie vir jou oor,
Johann .
Ns.
Miskien moet ons eers by Jesus gaan leer as Hy in die bergpreek praat van “Salig is hulle wat weet hoe afhanklik hulle van God†(Mt 5:2) is en uit Sy liefde vir ons in Christus leer wat Paulus se liefde beteken.â€
Gebed:
Here, ons hou van mooi woorde en edele gedagtes maar wanneer ons die daad by die woord moet voeg,sukkel ons maar. Ons kan dit nie sonder U doen nie. Amen