Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 7 Maart 2011

1. Hoe lyk die Hemel?

Johann Symington

Openbaring 21:10,11a; 22:5

Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. 11 Die stad het die heerlikheid van God:

As ‘n mens op reis gaan kry jy gewoonlik ʼn hele spul pamflette en brosjures  om jou voor te berei op wat om te verwag en wat om nie te verwag in die vreemde land nie.

Ons reisbrosjure vir die Hemel kry ons in Openbaring en die inligting is deur niemand minder as God self aan Johannes gedikteer nie!

Wat om nie te verwag nie

Eerstens, moenie soek vir die alledaagse nie. Daar’s niks in die lyn van koffiekroegies of straatkafees nie. Daar is ook geen geen kerk nie (Opnb 21:22) want God self is hier teenwoordig!

Die son en die maan skyn ook nie daar nie want daar sal geen donkerte wees nie(Openb 21:23). In hierdie nuwe hemel skyn God se onuitblusbare lig wat die donkerte heeltemal oorweldig.

Daar is ook geen veiligheidshekke in hierdie hemelse stad nie. Die twaalf stadshekke is altyd oop en enige iemand kan daardeur gaan – dis 100% veilig (Opnb.21:25)

Maar wat kan jy verwag om te sien.

Die rivier van die lewe wat uit die troon van God ontspring (Opnb.22:1). Kos is daar volop: aan beide kante van die straat is die boom van die lewe met twaalf verskillende vrugte. Daar is geen verbod op nie en jy sal nie uit die stad geban word as jy daarvan eet nie.  (Opnb 22:2)

Die hoogtepunt van jou reis is dat jy kan verwag om God te sien. Die inwoners in hierdie nuwe stad behoort geheel en al aan God. Jy sal sy gesig sien en Hy sal jou ken want sy naam sal op sy voorkop geskryf wees. (Opnb 22:4)

Wat kan jy in die tussentyd doen om die prentjie lewendig in jou hart te hou? Deur na sy prenteboek van die hemel te kyk en jou voortdurend verkykertjievoortdurend  gerig te hou op die hemel.

Gebed: Dankie God vir die prentjies uit u Boek wat ons herinner aan die heerlikheid wat vir ons wag.

Previous article: Vers n dag - 8 Maart 2011 Prev Next article: Vers n dag - 4 Maart 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.