Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 23 Februarie

HUIDIGE REEKS: GELOOF, HOOP, LIEFDE.

DAG 8: GOD IS DAAR VIR ONS

Deur Benescke Janse van Rensburg

Ek hoor onlangs die storie van ’n vliegtuig wat onverwags deur ’n storm moes vlieg. In ’n stadium het die vliegtuig so geruk en skud dat van die passasiers in die vliegtuig byna histeries begin raak het. Die vlieënier se stem sou elke nou en dan oor die luidspreker opklink om die passasiers gerus te stel dat alles onder beheer was en dat die vliegtuig hopelik binnekort deur die ergste storm sou wees.

Die storm het egter voortgeduur. Een van die vroue wat naby histerie was, het ’n seuntjie opgemerk wat rustig sit en teken. Elke nou en dan sou hy uitkyk na die storm voordat hy glimlag en verder teken. Aan sy skouer het hy ’n etiket gedra wat aandui dat hy alleen gevlieg het en dat die lugwaardin na hom moes omsien. In verwondering het die vrou gedink dat die seun heel moontlik nie die ernstigheid van die storm besef nie.

Toe die storm eindelik verby is en die vliegtuig veilig land, stap die vrou nuuskierig na die seuntjie met die vraag: “Boeta, het jy geweet dat ons in ’n stadium deur ’n ernstige storm gevlieg het?” Met ’n breë glimlag het hy geantwoord: “Ja, tannie.” Met ’n frons het sy verder gegaan: “Hoe is dit dan dat jy so rustig deur die vlug gebly het? Was jy nooit bang nie?” Die keer was die seun se glimlag selfs verder breër: “Tannie, ek was nooit bang nie. Ek het geweet dat die vlieënier ons deur die storm sou kry. Hy is immers my pa!”

Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.”

Romeine 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”

Soms tref hindernisse ons lewens wat ons vir ’n tyd lank soos die passasiers duisende meters bo die grond in die storm laat voel. Wat is jou reaksie in daardie storms? Raak jy histeries en verwag jy die ergste? Of kies jy om soos die seuntjie rustig te bly met die wete dat God in beheer is en dat geen storm ooit vir Hom te moeilik is om ons veilig deur te neem nie? Sterke.

Vader God, baie dankie dat U my lewe beheer. Help my asseblief om nooit paniekerig te raak nie, maar liewer my oë op U te hou met die wete dat U alles in my lewe reg kan laat uitwerk. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

NUUSBROKKIES:

  1. ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

  1. BOEKTEKENING: Benescke Janse van Rensburg teken boeke by die Paarl Boekefees:

    1. 12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

  1. MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:

    1. 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

    2. 13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

 

 

 

Previous article: Vers n dag - 24 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 22 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.