Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 22 Februarie

HUIDIGE REEKS: GELOOF, HOOP, LIEFDE.

 

DAG 7: WAT IS JOU VERWAGTING?

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Wat is jou eerste reaksie wanneer ’n krisis skielik in jou lewe opduik?

 

As jy en jou huweliksmaat byvoorbeeld stry, vrees jy onmiddellik dat julle huwelik in ’n egskeiding gaan eindig? Of as ’n groot besigheidskontrak beëindig word, vrees jy onmiddellik dat jy jou besigheid se deure sal moet sluit? Of as jy en jou man reeds vir ’n tyd lank probeer swanger word en niks gebeur nie, glo jy dat kinderloosheid jou lot is?

 

Of aan die ander kant. . . As jy en jou huweliksmaat stry, dank jy God dat julle kan kommunikeer en ’n misverstand kan uitsorteer terwyl jy bid dat Hy julle huwelik sal beskerm en versterk? As een besigheidskontrak beëindig word, dank jy Hom dat Hy steeds in beheer bly en nuwe, veel beter kontrakte oor jou pad kan stuur? Of as kinderloosheid voortduur, dank jy Hom dat Hy julle in hierdie stadium nuut julle afhanklikheid van Hom laat besef terwyl julle opgewonde op sy deurbraak vir julle lewe wag?

 

Alles gaan oor ons persepsie van ons huidige situasie en ons geloof in God en in wat Hy vir ons kan doen.

 

Luister weer na die woorde in Hebreërs 11:6: “ . . . sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy bestaan en ’n beloner is van die wat Hom soek.” (1953-hersiening)

Omdat Daniël aangehou het om God te aanbid al het die koning dit verbied het, het God die bekke van die leeus in die leeukuil gesluit toe Daniël weens hierdie oortreding daarin gegooi word. Omdat Sadrag, Mesag en Abednego, uit respek vir God, geweier het om voor die afgod, Baäl, te buig, het God hulle uit die vuuroond gered toe die koning hulle daarin gegooi het. En omdat Elia geglo het dat God hom nie sou teleurstel nie, het hy sy lewe gewaag toe hy saam met die Baälprofete op die berg van Karmel vergader het. God het Elia se gebed met vuur uit die hemel beantwoord sodat die Israeliete en ook die Baälprofete daardie dag verstom gestaan het oor God se grootheid.

Het jy geloof dat God jou huwelik kan herstel, aan jou nuwe besigheidskontrakte kan gee, dat Hy jou kan genees en/of dat Hy aan jou ’n baba of ’n huweliksmaat of wat jy ook al benodig, kan gee? Onthou, God beweeg en funksioneer in ’n totaal ander dimensie as waaraan ons beperkte menslike verstand blootgestel is. Hy beskik oor bonatuurlike krag en kan ons wildste verwagtinge oortref. Alles begin egter by ons geloof in Hom en ons verwagting in wat Hy vir ons kan doen. Sterkte!

 

Vader God, baie dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Versterk asseblief my geloof vandag sodat ek nie vir ’n oomblik in U vermoë om my deur te help sal twyfel nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

**Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.

 

NUUSBROKKIES:

  1. ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

 

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

 

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

 

 

Previous article: Vers n dag - 23 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 21 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.