Vers n dag - 21 Februarie
HUIDIGE REEKS: GELOOF, HOOP, LIEFDE.
DAG 6: WAT IS JOU PERSPEKTIEF OP DIE LEWE?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van ’n man wat depressief en moedeloos by die predikant opdaag. Volgens hom was daar niks in sy lewe waaroor hy dankbaar is of waarvoor hy kon lewe nie.
Die predikant het vir ’n paar minute na die man gesit en luister voordat hy ’n pen en papier nadergetrek het en vir die man gesê het dat hy vir hom ’n klein toetsie het. In die middel van die bladsy het die predikant ’n streep getrek. Aan die een kant van die bladsy het hy bo-aan geskryf “Bates†(waarvoor die man dankbaar kan wees) en aan die ander kant “Laste†(wat die man ongelukkig maak).
Toe die man sien wat die predikant doen het hy gelag en gesê dat hy nie dink daar gaan enigiets onder “Bates†gaan kan kom nie. Die predikant het na hom gekyk en gesê: “Ek is baie jammer om te hoor dat jou vrou gesterf het.†Die man het geskok na die predikant gekyk en geantwoord: “Waarvan praat jy, Dominee? My vrou is springlewendig en gesond.†Die predikant het voortgegaan en onder bates neergeskryf: “Ek het ’n gesonde, lewendige vrou.â€
Weer het die predikant opgekyk en laat hoor: “Ek is baie jammer om te hoor jou huis het afgebrand.†Die keer het die man verontwaardig na die predikant gekyk en gesê: “My huis is nie afgebrand nie. Ek het ’n groot en gemaklike huis!†Die keer het die predikant neergeskryf: “Ek het ’n groot, gemaklike huis.†Die man, wat gesnap het wat die predikant doen, het hom gevra om die lys en die pen aan hom te oorhandig. Dié keer het die man self ’n hele paar dinge onder die “Batesâ€-kant aangebring.
Daardie dag het die man die predikant se studeerkamer verlaat met ’n totaal ander perspektief op die lewe. Skielik het hy die waarde van dankbaarheid besef.
1 Tessalonisense 5:18: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.â€
Psalm 107:1: “Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.†(Die Bybel vir Almal-hersiening)
Wat is jou perspektief op die lewe? Sien jy net die negatiewe dinge raak? Of kies jy om God daagliks te bedank vir jou gesondheid, jou gesin, jou werk, jou geld, jou vriende en familie en vele ander dinge? As jy weer negatief raak, waarom trek jy nie ook ’n bladsy nader, trek ’n lyn in die middel en begin vul jou bates in terwyl jy God daarvoor dank! Sterkte.
Vader God, baie dankie vir alles wat U daagliks vir my gee. Help my om nooit so gefokus te raak op die negatiewe dinge in my lewe dat ek vergeet om dankbaar te wees vir wat U daagliks vir my gee nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.
NUUSBROKKIES:
- ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
Â
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus