Vers n dag - 16 Februarie
HUIDIGE REEKS: GELOOF, HOOP, LIEFDE.
DAG 3: HOOP VIR ’n BETER MÔRE. . .
Deur Benescke Janse van Rensburg
Â
Wanneer laas het jy ’n sonsopkoms dopgehou? Het jy al opgelet hoe rooi die horison word net voordat die eerste sonstrale deurbreek? Hierdie rooi word oggendrooi genoem en dra die belofte dat ’n nuwe oggend binnekort gaan deurbreek. Het jy ook al opgelet hoe die eerste sonstrale van die nuwe dag die pikswart donkerte van die nag in ’n oogwink verdryf?
Ons lewens word soms deur “pikdonker†situasie getref. Jy hoor dalk dat die maatskappy vir wie jy werk, mense gaan aflê en jy wonder of jy een van hulle gaan wees. Of jy hoor dalk dat jou kind probleme by die skool ervaar en jy voel dat jy niks daaraan kan doen nie. Of dalk gaan jy deur ’n finansiële krisis en jy wonder hoe jy al jou rekeninge aan die einde van die maand gaan betaal. Te midde van hierdie donker situasies is mens soms geneig om magteloos te wonder of jy ooit ’n deurbraak uit die situasie sal beleef.
Luister egter weer na Paulus se woorde in Hebreërs 11:1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.â€
Het jy al ooit probeer om te midde van jou donker, magtelose situasie, in jou geestesoog te begin sien hoe God aan jou ’n deurbraak uit jou situasie gee? Wanneer ons dit doen, plaas ons, ons hoop in God terwyl ons ’n rooi skynsel op die horison begin gewaar. Dit is wat oggendrooi beteken.
As jy dus vandag in ’n moeilike situasie sit, begin om God te dank vir sy deurbraak wat jy op die regte tyd sal beleef. Wie weet, dalk is sy deurbraak, waarin die sonstrale die donker in ’n oogwink verdryf, heelwat gouer as wat jy dink. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek met elke krisis my oë op U kan hou. Lei my asseblief om verby die krisis te kyk en in geloof en met ’n verwagting op u tyd te wag vir my deurbraak. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus